Kom binne!

Al'astair is lank, lank gelede…
op De Aar gebore.In de lig van die latere verloop van sy lewe moet
dalk aanvaar word dat dit maar ‘n moeilike geboorte sou gewees het.
De Aar is amper in die middel van die wêreld, en was destyds byna in
die middel van niks, in die uitgestrekte en soms droë Karoo. Oor die
jare het iets van die Karoo se brakwater vir altyd
in Al'astair se are agtergebly…
Hy is as ‘n blote kleuter tot die verhoog
verlei-sy Ma het n musieksblyspel, "Kom Dans Klaradyn", geskryf,
en met skoolkinders landwyd op die planke gebring – met Al'astair,
sy boetie en sy sussie saam op die verhoog:“Ek het met totale
verstomming, groot oë en gespitse ore na die musiek en sang geluister,
en vir my was dit weergaloos…”

Maar toe vat die gesin die lang pad na
die Boland, Worcester toe, in ‘n bruin 1947 Hudson Hornet.
Na die vaal Karoo word Al' astair voluit getref deur die kleure van die Bolandse
berge en wingerde, en 'n mengelmoes van kulture: Afrikaanse mense,
Engelssprekendes, Franse, Joodse mense, Portugese en Italianers - almal
saam. Hy probeer om rugby te speel, hardloop atletiek, neem klassieke
klavierlesse (wat sy musiekonderwyser tot gebed noop), word ‘n lid
van die skoolkoor, en neem ook jazz-klavierlesse.
Die nimmereindigende wind op Worcester “waai my kop heeltemal deurmekaar” en op
11 jarige ouderdom skryf hy sy eerste gediggie. Later peroxide hy sy
hare groen-wit tydens ‘n skoolvakansie, tot onsteltenis van sommige
erg-konserwatiewe onderwysers. Maar die groenerige kop het moontlik
baie jare later weer uitgeslaan…