Diggies

 

wolkombers

Die nag maak sy oe sluimerend oop
gooi die dag se kombers van hom af
kom nou stadig orent
met die stilte wat oor sy skouer loer

 

donkermaan

die donkermaan drink ongemerk die sap
uit elke vesel wat aan my geraamte hang
binne my gekraakte vel

en as ek droogverlore nie meer na die
wegkruipermaan kan kyk nie op soek na
my huil wat skuil

kom loer en knipoog sy skalks en speels
spring en lag al die vog weer terug
saam met die hooggety

 

spannende gesprekke

as erotika inkom
in ‘n gesprek
verbeter dit die aandagspan
en raak ‘n man so gespanne

 

Martelgang

ek word gemartel
deur elke kartel
van haar lyf
Want daar’s ‘n dartel in elke kartel
van haar lyf

 

Onthou jy die girl

onthou jy die girl
in Walvisbaai se viswinkel
wat soos Raquel Welsch gelyk het

of onthou jy die sersant se dogter
met die styf-styf stywe e bikini
in Younsfield se basic kamp
en Ma Probst se bakke-ry, in Walvisbaai
waar ons dag na dag met ons oe wou vry
en die chips was glad nie baie-baie slap nie

onthou jy nog die girls in haar soete bakkery
wat korte-korte mini's om hul boonste-boonste bene vou
en stadig die gebak van die heel hoogste-hoogste rak
afgehaal het

wat kan jy nog onthou van die kolonel se tikster
wat elke tee-tyd weer gekom het
na Walvisbaai se siek- siekeboeg om
toast daar te kom eet
waar ons grasgroen van jaloesie
en goudgeel van die geelsug van die vliee
gekyk het hoe Eugene, die medic
met haar fllankeer elke keer op keer
net soos ‘n baie groot meneer

 

Piekniek

pak jou drome in my mandjie...
skink jou liefde in my glas...

 

nageboorte*
(*De Zalze Desember 2011)

die onderste drie vingers van my
linkerhand wou nie saamspeel nie
was erg beneuk
en toe die kitaar dom naderkom
was al die snare stom

die dunste snare het flink bly wink
en roep na filafooi, raadop ook na
langeraat
maar al drie stil, binne-in die kooi.
geeneen wou eens flikfooi nie

maar in die nageboorte van hierdie wrang
gesang se siek musiek, gebore net kort
verby die lente
het ek gewonder oor al die stilte-klanke
blomme se akoorde

 

tergende vrae

as die tergekind my sou beginne terg
verbeter my erg afleibaar aandagspan
en raak ek verdomp so erg gespanne
terg is altoos so baie spannend erg
die uiterse einde van my vlakste vrae
gaan sit dan in my eie diepste merg

 

Domverstom

die kruipe van die suipe na die gate te toe
die baie koue buite van stuipe in die kuipe
die swart en wit mure en die bruin plafon
die hele hele spul gaan nou breek en wreek
om en om en om, anderkant domverstom

 

pogings tot moord

oordeel vemoor my eie
siel
die vagevuur verswelg
met geel
die binnekant van my
inne-kant
maar lagfontein spat dan 'n
vrolike refrein
op die sissende donker
vure-muur
tot wit en grys as ligweg
verkas
die braai is oor
goddank.

 

Sin

sin is in die onsin
min is in die baie

liefde kuier warm in die weinig
minnaars ver van koue-suinig

in baie is min te vinde
slap-lang vervelige sinne

vele vele ernstige woorde
eina pynlik siele-moorde

sin-genot voed ook die siel
dans ‘n ekstra stywe riel

 

stoftraan

praat maar my maat
al kan trane nie juis
baatvind by baie raad
praat die traan
uit jou oog
sing die traan
van jou wang
praat maar my maat
tot Karoo se tragiese trane
traag in die sand wegdroog
en die lag weer ‘n slag
uit stof opspat

 

tasbare kitare

dankie God wie en wat en waar jy ookal is
vir nuwe-ou gevoel in al drie linker-vingers
van lewe wat weer lewe en soveel meer wil
speel, ja wat soek die knop hier in my keel?

dankie God as jy daar en waar mag wees
vir die laaste bietjie soet en stout musiek
van hier en ook tot daar waar al die musiek
vir altyd eindig of dalk vir altyd weer begin

 

tygervallei

die jong kelnerin
van mug 'n bean
het twee stomende capuchinos
grasieus na die tafel gebring en
met sensuele musiek in haar lyf
se taal voor ons neergesit met 'n
uitnodiging om dit baie te geniet

die twee nartjies
op haar skinkbord
was duidelik baie sappig en ook soet
maar sy het hulle toe ook saamgevat
terwyl die taal-musiek alom bly draal
en my binne-siel ver terug verdwaal
na vrugte se steel anderkant 'n draad

 

John Lennon

dis hulle wat klipgooi en staak
hulle wat vermoor en verbrand
en ek met erg ergenis verskrik
oor vroue en kinders wat snik
maar sê tog gou-gou ook 'n biekie
skryf sommer nou se nou 'n briefie
wie is dan nou jou hulle en wie is dan ons
is ons dan nie ook hulle nie hulle ook ons
of sê jy ek is ook maar net nog 'n dromer
wat my ook wil verbeel met sy verbeelding

 

Kersfees-druppel

die laaste gesang
by die kersfees-diens
was stille- stille nag
op helder-helder dag

toe spat ‘n druppel
effens nat vanuit my
oog half met ‘n boog
tot op my wang

 

dronkgeite

uit die hart van die nag
na die hard van die dag
uit die oggend van die aand
na die aand van die oggend
uit die dronkheid van die lig
na die nugter van dronkigheid

 

kaal onder die son

ek en jy so bietjie-effens baie kaal
sonder klere nooit nie juis te vaal
soms moet ek vinnig-vinnig nael
wil maar net die paal ook haal
een dag of nag sit ek in die saal
donker wat dan so skelmpies daal
maar in die son vrees vleeslik kaal

 

Madiba

dalk was dit
baie erg
vir jou
Madiba
erger as erg
op daardie kleine eiland

ek dink dit was
vir jou
Madiba
baie erger
as vir my
op hierdie vaste land

 

duifie

gister het ek ’n duif
op die snel-baan van die N1
tussen Bellville en Kaapstad
vir iets sien wag

net ‘n enkel-vlerk
aan die eenkant van sy lyf
aan die regterkant dink ek
het ietwat geskuif
die res van die duif
in die regterbaan van die N1
ietwat links van die middelman
was nogal baie stil

 

my eie vrou

my eie vrou
ek is lief vir jou

 

vierkantige kringe

gister nog
nie lank terug
in die middel van die perfekte kring
van al die baie spotters

vandag alreeds
nie lank daarna
binnekant skerp hakiesdraad
geroeste vierkant stotter

more dalk
nie ver vooruit
breek ek stuk-stuk los
van huil se modderkraak

en in die nag
se oggend-naak
kom sagte soete wraak
van binnekant die lag

 

gekrenkte geskenke

as baie diewens inbreek en steel
hier waar motte en roes verniel
by my en so ook by al die ander
soos ek wat ook nie wil verdeel
vra my eie siel aan my geskenk
wie’s die dief en wie’s gekrenk

 

Blaffende honde

die meeste honde blaf
meestal in die dag
wanneer dit veilig is
soms net so af en toe
blaf 'n brawe hondjie
ook in die donkernag

 

buikspraak

gister het die iets
my gou-gou
ja weer en weer
en nog ‘n keer
gefnuik ek sweer

maar vandag het
my lag se lag
diep-diep uit
eie binne-buik
opgeduik al meer

 

familiefoto

al vier van die beautiful kinders is
stukkies van hulle eie-eie puzzles
geknip uit verblykte famile-foto uit
eie-eie beeld daarop

afsonderlike stukkies van al vier van
hierdie aparte etse delikaat gepas
tot vier pragtige mooi prente helder
skyn die oe van hul ma

en agter in die dynserige rooi-oranje
gloed van stokou donkerkamer hang
'n diep geheime afdruk ook van elk
van die vier se eie pa

 

Knippie

'n knippie maak alles
beterder
soms net 'n knippie sout
dan weer 'n knippie stout.

 

oggendlus

gis'traand se nimmereind gesoek na is
gewis
weg soos mis
van-oggend
voor warrelwind
dis, louterkind wat alle lewens lus
dalk, net tot vanaand

 

Ma

Ma, jy het my gedra
en daarna
was jy my Ma
en ook nou
agterna die na

 

middelpunt vlietende krag

begin net hierdie kant van einde
einde vlak-anderkant begin
bokant rus-rustig op die onderkant
wat listig-lustig vir altyd daar bly hang

als wat stilstaan bly ook draai bly draai
komkommer-groen wilgerkoel
nag wil ophou skater as al die lag
se middelpunt ontlaai van vlietend krag

 

Middernag

die middel van die nag
bly maar die middel van my dag
vir my is dit altyd middernag in
die middel van die dag

 

noorderlig

dis erg mistig in ou Bellville
vannag
die straatlampe skyn sag met
effekrag
soos rustig kerselig smeek vir
verdwyn
en op straat het die koudte wyd
gewas

 

ragfyn fraiings* (*oorgeweef)

die iets wat my diep-sagste weefsele
aanhoudend dag vir nag
kom knaag weer en nog 'n keer
so diep kom boor
'n kewer wat die vloer en dak
se sagste geelhout-balk
stuk vir stuk-kind van binne
versmoor vermoor ontriel my dansend-singend siel
wil als soos greinhout gryp,
soseer verweer my eie
binnekant se tenger-teer

tog nie want ragfyn fraiings
oer se vroeer bly effentjies te hang
speel dalkweer eendag weer
’n sagte ontseerde sang

 

stille nag, heilige nag

smag na stille stille nag
na heilig heilig heilig nag
dat sag weer neer sal daal die vaak

vernietig die vuur-spoegend draak wat
nakend krul om binne-siel met wraak
soek maneskyn wat diep-diep kuile raak

 

stilte

my kop raas sodat ek
dit self kan hoor
as als om my so baie stil is
as ek alleen self met my praat

maar as dit buite begin-te
hard te raas
raak dit binne altyd tog so
stil tog alte heimelik so stil

 

net vir jou, my lief.

hierdie gediggie
moet
ragfyn wees
sagfyn
sonder rym
geen refrein
soos porselein
sonder patroon
apart omsoom
deursigtig
soos engele
want hierdie gediggie
is vir altyd
en is net vir jou
my lief.

 

fonteyn

vanoggend digby Brights in Bellville
het 'n vriendin van twee bosslapers
die welkom winter-sonnetjie gevier

op die sypaadjie het sy net vir hulle
'n dansie uitgevoer sierlik spontaan
uit die fonteyn van haar ballerinasiel

druppels grasie het steeds deur die
winter-son gespat toe sy haar vriende
verdoop sonder om die ritme te stoor

haar bloes was 'n helder viooltjie-blou
en stukkend anders as haar eie hart
haar langbroek rooi haar tone ongetooi

haar twee vriende het stil en stoïsyns
net staan en kyk sonder om iets te sê
en ekself het ook my encore vergeet

 

dou voor dag

die oggenddruppels hang blinkvars
verfrissend koel
en onder die bome wag en skuil
die dag se ligriviere
die son lek versigtig aan die dou
die lug se rooi
meng nou effens skaam-skaam
met die blou
voëltjies roep saggies na hul maats
musiek wat bly weerkaats.

 

blomverstom

die geur van 'n blom
het my sopas verstom.

 

cullinan

die pik se steel
skok deur al my
arms
tot in my hart

op soek na woorde
tussen ysterklip en
wortels, in die harde
sand

êrens onder hierdie
lae laag van rots
opgemaak uit eie
naak

sal daar tog iets
wees wat so blink
sal blink, oë effens
blou.

 

liefdespel

dalk is ek verlief, op verleidelike woorde
erotiese wesens, sensueel-sagte siele
woorde wat saamslaap, intrek en woon
met ligte parfuum, en lang donker hare

wiegende woorde, wat stadig ontklee
woorde wat vas is, woorde wat los is
allerlei musieke, met soet-soet lirieke
en tussen-in ook, die tussen-in woorde

speel-speelse woordjies wat lag-lag inpas
net een of twee, of 'n paartjie van drie
en as die laaste wals in die reën uitseën
sal die woorde bly wag, aanhou bly smag

met woorde- stories wat aanhou wil roep
na gespitste ou-ore met bakhande-drome
laatmiddagklanke, rooi- aandlig se kleure
kom nader en roep, die ouman op die stoep.

 

ligdruppel

as een druppeltje lig
uit die diepdonker sou
ontsnap

as net 'n bietjie water
op dorre droogte-krake
breek

sal plante orals groei
ook skadubome, groen
en blomme.

 

calvinia roadtrip*

by wupperthal
waar die vere
koer
het ons baie amper
van n krans afgemoer

in pakhuispas was
ons woorde kras
sodanig so
dat die kranse
dit houvas

in botterkloof
se draaie sonder tal
regbokant
dood-skadu dal
byna soos 'n veer geval.

[*met erkenning en apologie aan Boerneef]

 

einstein

as woorde en akkoorde mekaar
saggies soen, nog baie soen
totdat alles ontasem is

dan meer en meer verstrengel
raak , verby 'n engeldans,
en snak. En dan, meteens:

begin om hoër as hoog te spring,
en keer op keer, saam te paar
na anderkant 'n sluimerslaap

sal Albert weer sy gryse ou kop
moet krap, van voor af oor.
Oor energie geskep en ook vernietig.

 

flikkers en verf

as ou lyftale begin flikflooi met heelwat jonger lywe
ontwikkel daar konflikte tussen mank-mankolieke
liggaamsakke met beendere in verbeeldingsvlugte
na gimnaste wat soepel flikvlakke sou wou doen

flikkers flikker keer op keer as dit gebeur elke maal
soos hazardligte tussen gedigte weg van alle sugte
in vrolike nie-olike gimnastiekklasse in die Erikasaal
digby die Dagbreekkafee onder in Riebeeckstraat

maar die geel oggendstrale op die vertoonvenster
van die kafee het mettertyd baie erg verbleik
waaruit dit maar uiteindelik weer duidelik sou blyk
dat dit nie 'n stralekrans was nie, net ontblote verf

ek kyk deur vebeikte verf tot binne-in die binnekant
die vrugte, groente, koeldrank en soete lekkergoed
is opgetooi, party is groen, andere weer blou of rooi
alles steeds soos tevore op die rake, alles alte mooi.

 

geite

snags-geite
veskil van
dag- geite
en my geite
is anners
as jou geite
maar geite
bly maar
alyd geite
ons los liefs
maar meestal
al ons eie geite
altyd daar buite
dan is daar meer plek
hierbinne vir nuwe geite

 

gekraakte glasplafonne*

my nooi ry in 'n Cortina,
my ouma in 'n groter ford
daar is iemand, iemand in 'n dodge
daar's 'n vrou by elke stuur

my dogter ry met 'n harley
my sus met 'n yamaha
my tante kom met haar vespa aan
en jaag ook agterna

die girls jaag in die rondte om
die spulletjie gaan heeltemal mal
die beauties broadside deur ieder-draai
parfuum hang waar hulle swaai

vanaand kom laai sy my met n beetle op
vanaand gaan ons drive-in toe
voetspore trap teen die ceiling vas
totdat ons altwee uitpass.

[*erkenning en apologie aan DJ Opperman] [erkenning ook: Miems Combrinck Van Rhyn (2de vers); Hendrik Colyn (parfuum); Hendrik Lamprecht (beetle met voetspore teen die ceiling)]

 

namakwa-musiek

die stiltes sing saam
in baie kleure- kore
in namakwaland
se veld
en van
die blomme
luister, wyl ander
dans in stille harmonie
by keurige veelkleurigheid
met ligte skaduwee en donker lig
tussenin is daar ook 'n hele klompie
baie pragtige blommetjie-gesiggies wat
by middagsang so effentjies begin te hang
totdat die oggendson dan weer vroeg- laatmiddag
weer begin helder skyn op die al die baie kleure-note.

 

lewenslank

die vonnis by die
geboorte is altyd
tog so menslik
die termyn nogal
nie erg lank nie
eintlik baie kort
dan volg daar soms
'n stowwerige vrylating
of andersins dalk 'n brand.

 

los gedagtes

los gedagtes.
is altyd togtelekker
maar dalk is dit somtyds beter
om die meeste van hierdie lekkertes
uit te los en sommer ook te laat gaan

want los gedagtes
kan baie maklik lei tot
nog losser- losse dinge
en dis dalk nie so baie maklik
om dan daarna weer sulke dinge
weer te los, oftewel, dan dit vir jou

by losse nabetragting
is dit miskien 'n gedagte
om darem net een enkele enetjie te behou
of die een enkel enetjie dan nou wel 'n gedagte is,
of miskien ietsie anders wat baie mooi enkels het
sal ek maar altoos aan jou oorlaat.

 

losie

die heiliges wat sondeloos hoogsit
in die boonste losie op die pawiljoen
verstaan nie wat onder gebeur nie

en die spelers heel onder op die veld
wat hulle dalk ook met vuil spel ophou
verstaan nie wat daar bo gebeur nie

in die losie is dit ook nie altyd skoon nie
en as die eindvluitjie blaas, blaas alles af.
Of almiskie, blaas alles dan skielik op.

 

maanloos

die son sak rustig, en verf
die berg se spits met kleur
las kunstig die harde rotse
en die sagte wolke

die nag daal tussenin, trek
oor alles 'n dig-swart doek
die kleure-prent wil sterf
die maan ontbreek

 

maanskyn

as die maan vanaand
op 'n drentelbaan sou gaan
en dalk ook erg gesuip sou raak
lank nog voordat die son opkom
sal die volmaan dalk vir een korte nag
sonder skyn totaal verdwyn,en sal ek en jy
in 'n enkele maanlose nag, skatryk kan word my skat.

 

middagslapies

sag-rustige en son-beblinkte branders
blou cappuccinos met witroom getooi
vlei hul een vir een neer op die strand
strek stadig uit vir lui middag-slapies.

 

misreëntjie

die feetjies dartel op die wolke
speel met emmertjies in die
oggendson

hulle babbel en begin ook
dan te kabbel met vrolik
ligte lag

as hulle die druppels
een vir een en dan ook
emmers vol geluk

oor die wolkerante
afgooi sag oor die
alles strooi

 

sonneval

die nag het donker
afgesak die son
het afgeval en in
die noordpool
vasgevries

die voorhangsel van
die ystempels
is vir altyd verskeur
die kaal verhoog
ontbloot

êrens in die koudte
huil 'n wolf
agter geskeurde gordyne
ysbere waggel
in die koue

 

omgebuig

my mond se hoek
trek in die rigting
van die straat my
glimlag is omgebuig
omgekeerd-verlore
soek-soek na 'n lag
tot in 'n donker nag
wie het dan verlaat
wat doen mens hier
in diep swart hokke

 

oneindig slim

as begin oor die skouers van einde loer
en einde loop dan voetjie vir voetjie agter die begin aan
en as al die dieptes oor die randte van al die vlaktes stroom
en die watervalle opwaarts val en die riviere omdraai by die see
en as die vallende sterre vir altyd aan die wolke sou begin vashaak
en vir ewig en vir altyd skynloos in die lug sou bly hang aan bomd se takke
dan eers verstaan ons alles my goeie vriend, dan eers sal ons sterk en slim wees.

 

oomblik

ek soek na die perfekte oomblik
'n oomblik-oomblik sonder tyd
ek soek die regte woorde
die altyd-altyd se musiek

ek soek die oomblik van die nuwe lied
die oomblik van die regte lewe
ek soek die oomblik van die volle liefde
wat vir altyd-altyd aan sal gaan

en nimmer-nooit verby sal gaan

 

die opstanding

die heelal
en die uitspansel
heel
stukkend
geen kans om
uit te span
as ek met
by-siende oe
buite my venster sonder raam
na binne-toe
wil uitkyk
terwyl ek
luister na 'n voël met helder klanke
wat in bome buite Rome
kwetter soos 'n ketter
gans onbekommerd
oor die dowwe beat van trance musiek
soos flikkergrammofoon
in my kop se dop
gepla met grys gedagtes sonder sterrestof
niks ook
vanaf die maan
toe spoke
van die vorige en ook
die volgende tyd vanaf
vêr verby die ongesiende
buitekant
van alles
sluipend en suipend naderkom
sommige groen
soos rooi marsmannetjies
ander 'n soort goddelike pers soos varsgetrapte
pasgetrapte
moerbeie op die grond
'n paar soos parende bye
wat met grynslaggend verwronge lywe
met bypassende by-gesigte
ronde dolosse
tussen doelgerigte stêrre
gooi en rondgooi
vang en dan vervang
met vierkant-dobbelstene vanuit n stil casino
wat soos 'n klooster met geen vensters nie
afkyk
vanaf
'n berg se top
skynbaar doelloos
sonder eie liesbet of beatrix
met
ellelange verkykers
wat omgekeerd
ook digterby
kan kyk
hoe batseba
haar skoon wil was
waterloos
alleen net sement se stof
soos 'n hert in dorre streke
en dan
word almal
gil-hartig uitgenooi
vir nog 'n nag se maal
sonder tyd
met sonde
wat volgens eie smaak
opgedien word met spys-besprinkelde spesies
van outer space
wagtend kwylend
in die nag
ek skuil agter
sewe sterrelstelsels
maar met
dertien periskope
styf
aan radar apparate
gekoppel
word ek ook om 'n draai beloer
deur ses uile
wat, sonder om oog te knip, verby my kyk
op soek na nog 'n lyk
een met onvoldoende sonde

nog een dosyn uile is in twee gedeel
wat altwee onophoudelik
vir ewig
en ewig
vanaf
ewig
my onverstand
uitlag en beswadder
met eindelose donker fladder
om die verligte maan
maar onverganklik
van
alle tyd gebuit
ongesiens
van vêr agter
die heel
vêrste
stêrre
vou sagte groter vlerke
vir altyd oop

 

padda-prate

laat die paddas met die maskarawimpers*
kwaak
totdat suurlemoene soeter as heuning
smaak
laat die paddas die wolke met die sonskyn
kul
laat die paddas kwaak tot alle huil vir ewig
staak
en wilde lag die stukkende nag ontseer heel
aan die einde van die tye.

(*met erkenning aan Oom Paul vir hierdie woord-gedagte)

 

piekniek

pak jou drome in my mandjie
skink jou liefde in my glas

 

pragtig-mooi

as mooi verskriklik kan wees is jy verskriklik mooi
en as pragtig eenvoudig kan wees is jy eenvoudig mooi
en as mooi net mooi of pragtig kan wees, is jy mooi en pragtig
maar andersins, ja andersins is jy ook baie pragtig-mooi my lief

 

pretensie

ek haat pretensie
ook my eie
pretensie
teen pretensie
die lisensie
self
aan myself
uitgereik
om resensie
oor 'n ander
te skryf
soms
met iets
in my lyf
meestal
met niks
om die lyf.

 

serpe

my siel is ' n ou kombers, gebrei deur 'n
ACVV tante met porselein-deurskynend
rthritishande verlangend na familiefotos,
in die teekamer van 'n oue-tehuis, met
wol geensins gemerk deur die wolraad nie
maar deur haarself herwin uit ou-ou serpe
toe al moedeloos van 'n gewag vir nekke
die serpe was (lank tevore) een vir een
deur (onder meer) maagde-meisies
gehekel, tydens of voor die vele oorloë
wat toe koud en wyd gespoel het bo-oor
die Woltemade groot- grootse-ideale van
dikwels baie-brawe jonge manne wat
onbewustelik digby jonkmanskaste was.
maar as enige siel erens stukkend skeur
verskyn daar gate in alle wolkomberse
waardeur koue winde aanhoudend waai
vanuit die Paarlberg se dou-blink hange
snerpend, ja ook tot diep binne-in al die
geelhoutkaste sonder enige krake so 'n
klein entjie onderkant die grond.

 

sitrusvrugte*

die nooi wys haar twee nartjies
dit maak mens lus vir meer
vir iemand iemand wat meer sal wys
en dalk 'n soentjie of drie sou wou gee.

[*met erkemning en apologie aan DJ Opperman]

 

skoenlappers en vlermuise

hoe sal ek met oë ooit
die oorsprong en fontein
van vlymskerpe woorde
wat sny
deur die sagte polse van 'n siel
kan raaklees en verstaan
vir solank as alle los gedagtes
en soms ook die wat baie vas gegom is
meestal onbeteuld en sonder rede rondfladder
soos skoenlappers tussen lenteblomme in die oggendson
en ook soos vaal vlermuise in stikdonker natmuwwe grotte
om en om en om en om

 

sonbaaier

party kere, af en toe, wens ek, ek is al dood
ander kere, weer, wens ek, ek is erg siniel
sodat die baie rondomtalie draai-gedagtes
net kan ophou om, om en om en om, te talie
sodat ek heeltemal gesus net kan bly lê en rus
deur warme son gesoen, gekoester en gekus
soos 'n kind op 'n baie wye strand se goue sand
heel onbewus van erg-skroeiende rooi- verbrand

 

sononder

die son het ander-aand
binne vyf korte minute
uit die lug geval
nadat
ek die aand tevore
'n laken van sneeu
daaroor getrek het
en toe alle lig wegvlug
het ek swartsakke
by die berg se top
gaan haal
en die son in sakke toegedraai.

 

skemerkelkie

die nag het donker
afgesak , die son
het afgeval, en in
die noordpool
vasgevries

die voorhangsel van
die ystempel is
in twee geskeur.
die verhoog
ontbloot

êrens in die koudte
huil 'n wolf
op 'n blaremat.
ysbere waggel
verby

teen die blou lug
vorm 'n straler
'n dun streep.
daarbinne bedien
waardinne.

 

wenen

die musiek kruip
baie vêr weg in
wenen waar dit ween

in die verte hoor
ek wel 'n eggo
van 'n vage eggo-huil

wat in anderland
op 'n afstand skuil
verby nou, en ook verby netnou

 

Nagrit

my vriend van n rit of drie.
onthou jy die donkervroeg-rit na kampsbaai
die vae mensherinneringe in die duskant-skemerdonker
wat met die exuberance van n huweliksnag op die sneeuwitte strand

danse van sorgelose liefde gedans het terwyl fosfor konfettistrome op sagte branders naderwulps

en toe:

die skemermôre wat nagfigure
tydsaam in fokus gebring het saam met met die laaste
veruitbundiging van 'n maagdelike dans met brandende vuurstokke
waarmee die musiek van die see ge-dirigeer was totdat die daglig die vure
wat deur haar deuskynend vel gevoed is, finaal vergetel het en net enkel- alleen
die flietgedagte van vergange realiteit bly roep het na die vroegoggend se altyddroom

 

Biekie-biekie liekie

ek’s ‘n biekie-biekie liedjieskrywer, ‘n amper-biekie musikant
ek skryf soms drie akoorde, met my groottoon in die sand
maar ek luister af en toe, met skulpe teen my oor
en hoop om so die musiek en die woorde saam te hoor

Maar luister, in die duister, wat die skulpe vir ons fluister;
as die sterre, in die donker, in die laatnag vir ons flonker

kom dans ‘n biekie-biekie
kom sing ‘n biekie biekie
kom lag n biekie biekie,
net ‘n biekie, met ‘n biekie, met ‘n biekie biekie liedjie

ek het keer op keer en weer probeer ja weer en weer en nog ‘n keer
om saam met die drie akkoorde, ook drie vier woorde in die sand te skryf
maar die meeste van die tyd, ja die meeste van die tyd
verspoel my drie akkoorde, en verdrink die biekie biekie woorde

Maar luister, in die duister, wat die skulpe vir ons fluister
as die sterre, in die donker, in diet laatnag vir ons flonker

kom dans ‘n biekie-biekie
kom sing ‘n biekie biekie
kom lag n biekie biekie
net ‘n biekie, met ‘n biekie, met ‘n biekie biekie liedjie

ek skryf maar ‘n biekie- liekie, sommer gou, sommer nou
en ek sing die biekie- liekie, net vir jou, sonder her te kou
maar die meeste van die tyd…ja die meeste van die tyd
verspoel my drie akkoorde, en verdrink die biekie biekie biekie woorde

Maar luister in die duister, wat die skulpe vir ons fluister
as die sterre, in die donker, in diet laatnag vir ons flonker

kom dans ‘n biekie-biekie
kom sing ‘n biekie biekie
kom lag n biekie biekie
net ‘n biekie, met ‘n biekie, met ‘n biekie biekie liedjie

Ja luister in die duister, wat die skulpe vir ons fluister
as die sterre, in die donker, in die laatnag vir ons flonker

kom dans ‘n biekie baie
kom sing ‘n biekie baie
kom lag ook biekie baie
net ‘n biekie, met ‘n biekie, met ‘n biekie biekie liedjie