liefie stories
Ek sê vir Liefie...Liefie sê vir my.
Ek sê vir Liefie my maatjie Maré Mouton sê altyd dommigheid is n godsgenade dit moet net nie misbruik word nie. Liefie sê vir my jy het baie genade ontvang.
Ek sê vir Liefie "die groot geheim is om altyd positief te bly".Liefie sê "jy weet hoe om ‘n geheim te hou".
Liefie sê vir my “Dit lyk eienaardig as jy so agteroor loop. Trek eerder net jou maag in”. Ek sê ek kan nie. Liefie skud nie haar kop ontkennend nie.
Ek sê vir Liefie ek wou nog altyd na ‘n nudistestrand gegaan het vir die interessantheid daarvan. Liefie reageer nie met entoesiasme nie. Ek besef dit gaan nie hierdie naweek wees nie.
Ek sê vir Liefie "ek dink ek het beheer oor my geldsake verloor".Liefie sê " Jy het nog nooit beheer gehad nie, ook nie geldsake nie". Ek sê "Kan dit wees?. Liefie sê "Ja."
Liefie sê netnou vir my ek is regtig jammer vir jou (omdat ek sedert Vrydag tot netnou baie hard moes werk). Ek sê vir Liefie as jy my jammer kry, kan jy dink hoe jammer kry ek myself?. Liefe sê ja, ek kan my dit nogal voorstel.
Ek sê vir Liefie ek dink ek moet my sondige gedagtes begin verkoop. Ek sal nooit uit voorraad wees nie. Liefie sê solank jy nie manlike prostitusie as ‘n tweede lyn oorweeg nie. Ek sê dit klink meer na ‘n plan P. Liefie sê jy was nog nooit n sakeman gewees nie.
Liefie sê “jy moet jou hare kam voor jy kantoor toe gaan. Dit lyk of jy ‘n hadidas-nes op kop dra”. Ek sê “ek hou nie van hare kam nie, en ek hou in elk geval van my hare so”. Liefie sê “aan die ander kant, selfs die hadidas sal skaam wees vir daai nes op jou kop.” Ek kam my hare.
Gisteraand sê die mooi Italiaansê vroutjie van Pizza Vezuvia vir my en Liefie sy het ons lanklaas gesien, en was al bekommerd. Ek sê toe vir haar "But I have recently seen you in my dreams." Liefie lyk toe nie so baie opgewonde oor my charming opmerking nie. Ek stel dit dadelik reg en sê "Ek het jou ook in my dreams gesien. Ek het tussen julle twee gelê."Ek voel baie trots oor my opmerking, maar Liefie wens my nie geluk nie.
Liefie sê “”hierdie karretjie gaan dit nie na Langebaan maak nie”. Ek sê “dis nie ‘n karretjie nie. Dis ‘n klassieke Morris 1000 Woody, en super-betroubaar”. Liefie sê “En waarom het jy daai klomp gereedskap ingesit ? Jy glo nie eens jouself nie, En wat gaan jy in elk geval daarmee maak. Jy was nog nooit ‘n meganiese ingenieur gewees nie?” Ek sê “watch my, en watch die Morris. Ek wil nog met die Morris na my begrafnis aangery word eendag. Liefie sê “ek wil regtig nie daardie dag onder spanning wees dat jy laat gaan wees nie.”
Liefie sê vir my ek lyk soos 'n "homeless person", en dat ek my ou trui nou behoort te vervang. Ek sê vir Liefie ek is in elk geval alreeds vir 40 jaar 'n homeless person, sedert ek die huis in haar naam gesit het. Liefie sê ja en die huis is ook 40 jr laas, toe ek die huis en jy jou trui gekry het, geverf en die dak lek al weer. Ek besef dat sy eintlik besig is om effens van die onderwerp van my trui af te dwaal. Ek verkies dit so, en vra vir haar of sy dink dit gaan reën vannag.
Ek sê vir Liefie: Jy is liewer vir Mick Jagger (ons hond) as vir my. Liefie sê: Nee.Ten minste ewe lief. Ek sê: Dan sal ek seker more-aand 'n bak e-pol vir aandete kry? Liefie sê: Ek het vandag 'n nuwe sak, met 'n nuwe steak flavour by die supermark gekoop. Ek verstik amper in my Bob Martins pille.
Ek sê vir Liefie baie dankie vir die koffie, maar daar is regtig net 'n bietjie te veel melk in, en dit maak die koffie net-net te flou. Voordat ek kan opstaan om ander koffie te gaan maak, sê Liefie daar is 'n koeldrank-strooitjie in die kombuis, as jy dalk die melk weer wil uithaal. Ek wonder waarom word koffie boeretroos genoem.
Ek sê vir Liefie "Ek kyk laatnag Fashion TV omdat ek baie in die nuutste modes belangstel".Liefie sê "Ek sal vir jou 'n patroonboek in die hande kry." Ek twyfel stilweg of dit gaan werk vir my.
Ek sê vir Liefie ek is vies omdat ek my hare afgesny het. Liefie sê ek het gelyk of ek agterstevoor deur 'n hooimied getrek is. Ek dink dadelik aan girls in 'n hooimied maar ek sê absoluut niks nie. Ek laat my nie twee keer op een aand beledig nie
Ek sê vir Liefie “baie op facebook het my al ge-share”. Liefie sê “ek het gedink ons het 'n monogame verhouding”.
‘n Ou speel vanaand "Hemel op Tafelberg" op Kyknet se musiekkanaal, op ‘n trekklavier. Liefie sê "Hy leef homself nie juis in nie". Ek sit en dink oor haar opmerking. Liefie laat val haar na-gedagte: "Tensy hy Tafelberg voorstel".
Ek sê vir Liefie jy het al vir ‘n leeftyd 'n slegte invloed op my.Ek wil jou in 'n rehabilitasie sentrum laat opneem.Jy lag as ek ontoepaslike goed sê, en dit kan nie so aangaan nie. Hoe sal ek ooit regkom as jy nie behandeling ondergaan nie? Liefie sê moontlik is dit nie heeltemal my probleem nie.
Liefie ry vanaand bietjie baie vinnig in die pad af. Ek sê vir haar “jy ry soos 'n Braziliaan. Ek gaan jou van nou af Ayrton Senna noem”.Liefie sê “Dis my middelnaam daardie”. Ek dink intusssen ook aan Braziliaanse meisies op strande, en sê maar niks verder nie.
Ek sê vir Liefie “Ek is eintlik baie ongelukkig getroud”. Liefie sê “wat is jou probleem nou weer?” Ek sê “die probleem is dat aangesien ek van jou hou, kan ek jou nie verneuk nie. Dit is regtig by tye baie swaar vir my, en ek voel nie dis regverdig nie”. Liefie sê “as die lewe regverdig was het Harry Oppenheimer vir Brad Pitt kort voor Harry se dood aangeneem, het Brad Pitt alles ge-erf, en was ek met Bradd Pitt getroud. Ek probeer uitwerk wat sy eintlik vir my wil sê.
Liefie sê “die sexy kortbroek met die strepe wat jy al die heel vakansie elke tweede dag dra, is eintlik ‘n pyjamabroek”. Ek sê “Maar dit het dan sakke?” Liefie sê dit maak nie ‘n verskil nie. Dit is steeds ‘n pyjamabroek”. Ek sê “O, dan kan ek dit in die nagte ook dra”. Liefie dra nie haar onmiddelike instemming aan my oor nie.
Ons het livestock in ons huis se dak, wat snags ‘n groot rumoer op die plafon maak. Ek sê vir Liefie “ek dink jy behoort iets daaraan doen. Liefie sê “ek hoop nie jy dink ek moet in die dak inklim nie. Ek sê vir Liefie “dis seker maar ‘n onskadelike ou rotjie. Dis nie nodig om daai helpless female act gooi nie. En jy moet onthou die huis behoort aan jou en Standard Bank”. Liefie sê “dan moet Standard Bank maar in die dak inklim”. Ek besef dat ek die rot sal moet gaan ontmoet.
Ek sien Liefie lees my facebook goete en lag om een of ander rede daarvoor. Sy sien glad nie die erns in nie. Ek sal iets baie erg moet doen of sê om die erns van my facebook by haar tuis te bring. Ek deel nie my gedagtes met haar nie.
Ek sê vir Liefie “ek kan nie wag om siniele outoppie te word nie. Dis die perfekte verskoning om groot moeilikheid te maak”. Liefie sê “in die eerste plek kan jy dit nie word as jy dit reeds is nie. En in die tweede plek moet jy in gedagte dat hulle jou in ‘n siekeboeg sal stop”. Ek sê “dan gryp ek die nursies met my kierrie”. Liefie skud haar kop. Ek vermoed sy het nie simpatie met my nie, en verstaan my nou verkeerd.
Die bye-boer girl wat die bynes by ons braaiplek kom uithaal het, was nogal sag op die oog. Ek knoop ‘n flirtrerende geselsie met haar aan, en sê vir haar “you have a nice job”. Sy sê “yes. Ek word elke dag gesteek”. Ek vertel vir Liefie en sê “ek dink ek het invite gehad”. Liefie sê “Dream on. Sy sal die bye verkies.”
Liefie sê “ek dink ek moet voortaan die Stormers afrig”. Ek dink “gelukkig kyk ek nie juis rugby nie”. Ek sê dit nie vir Liefie nie. Ek weet wat is veilig is vir my.
Ek sê vir Liefie “die geheim van 'n gelukkige huwelik is om nie geheime te hê of te lieg nie. Liefie sê “Jy weet mos nou jy praat onsin. Jy is al weer op 'n trip”. Ek sê “hoe bedoel jy dan nou?” Liefie sê “almal het secret nooks and crannies.” Moet nie dink ek het nog nie joune agtergekom nie.”. Ek sê “OK, myne is nie nou nie juis nukke en grannies nie, maar wat sê jy daarvan dat mens nie moet lieg nie?” Liefie sê “Maar jy doen dit dan self.” Ek sê “Dit kan nie wees nie. Waarvan praat jy”. Liefie sê “Daai ding dat jy vir almal loop en vertel dat jy 36 jr oud is. En as hulle dadelik vir jou sê hulle kan sien dit is nie so nie, dan sê jy dat jy disleksies is”. Ek sê “Ek hou van nou af eerder my mond”. Liefie sê “Dis beter so.”
Ek sê vir Liefie as jy werklik vir my lief is sal jy môre-oggend vir my spek en eiers in die bed bring. En koffie. Voor die ontbyt en weer na die ontbyt . En dan sal jy my skeer en my tande vir my borsel, en my skoene ook borsel. En dan die koerant oopmaak en voor my oophou sodat ek dit maklik kan lees sonder om op te staan. En dan sal jy iemand huur om my werk vir my te gaan doen. Liefie ek dink jy gaan agterkom ek is nie werklik lief vir jou nie.”
Liefie sê “dit klink of die sangeressie op Kyknet 'n suurstof-tekort het”.
Liefie sê “hoe kan jy nog 'n carport bekostig, as ons nie die stort wat deur die vloer lek, die lekkende dak, en die venster raampies wat orals uitval, kan regmaak nie. Ek sê in vergelyking met miljoene mense het ons 'n droomhuis. Liefie sê “Dit is wel so. ’n Werklose hiperaktiewe bouer se droom.”
Liefie is in die buiteland. In Windhoek, om weer na ons kleinkinders, wat nie meer so klein is nie, te gaan loer. Ek bel vir Liefie en sê vir haar” dit raak nou bietjie lank. Ek wil vir my een van daai Worcester girls gaan haal vir vanaand, en sal dit OK wees met jou. Ek weet dit sal OK wees met hulle”. Liefie sê “hulle het jou klaarblyklik nog nie ontmoet nie, of verlang na hulle oorlede Oupas”. Ek besef die kleinkinders-ding is op Liefie se brein.
Ek sê vir Liefie “Die A4 papier wat jy geplak het waar die ruitjie by ons kamer se venster uitgeval het is 'n uitstekende oplossing". Liefie sê: "Ek stem nie saam nie". Sy sê dit met mening. Ek vermoed ons het moontlik 'n ernstige meningverskil oor die ruitjie se oplossing, en laat dit daar.
Liefie se aand en more praatjies stem nie meer ooreen nie. Voor en nadat Mick Jagger by Cape Town International geland het, het Liefie gesê hy gaan nie ook soos oorle Fanie en oorle Trueluv op die bank in die tv kamer lê nie. Mick Jagger is nog net vir n week by ons. En hy lê nou direk langs Liefie op die bank in die tv kamer. Iemand sal moet ingryp in hierdie situasie,maar dit gaan nie ek wees nie.
Liefie sê ek moet dalk ook na daai Melissa Marais Pienaar gaan vir 'n make-over.Ek sê vir Liefie jy moet versigtig wees. Liefie sê wat bedoel jy? Ek sê daai girl doen daai naked hairdresser tv show. Liefie sê daar is nie so iets nie. Ek sê ek het dit al verskeie kere gesien. Liefie mompel iets maar ek hoor niks. Ek fantaseer oor 'n makeover vir myself.
Liefie sê die ding van reguit wees kan ook n verskoning raak vir onbeskoftheid. Ek bly stil met die wonderlike wete dat ek op my ouderdom al effens krom is.
Ek sê vir Liefie hoekom kanMick Jagger nie ook op ons bed slaap nie. Ek weet hy is ‘n baie groot hond, maar Luvbite mag al vir 10 jr op ons bed slaap, en hy val my aan elke nag as ek kom slaap. Liefie dink dis baie oulik dat Luvbite haar so wil beskerm. Ek is innerlik verskeurd en as Luvbite sy sin kry, binnekort uiterlik ook.Die kroon word nie meer op my kop gehou nie. Ek sal seker een of ander tyd iets daaraan moet doen.
Die vrou so drie tafels weg het ‘n eienaardige haarstyl. Ek sê vir Liefie jy moet tog vir my sê as my hare ooit so lyk sodat ek iets daaraan kan.Liefie sê nee jou hare lyk nie so nie.Dit lyk meer soos daai ou tannie in die middel se hare.Ek haal onmiddelik my swart boekie uit, en maak ‘n nota van Liefie se opmerking.
Ek sê vir Liefie daai spietkop in Frans Conradie dink ek is ‘n fotografiese model, en hy is my persoonlike fotograaf. Hy het seker al n hele plakboek oor my, en die voortdurende dagvaardings en briewe en lasbriewe is lastig. Liefie sê dalk is hy verlief op jou.Hoekom speel jy nie hard to get en ry binne die spoedgrens met jou ou kar sonder wipers nie.Ek sê as jy my Morris beledig, beledig jy my.Liefie sê kalmeer. Dis nie nodig om die spietkop elke oggend nog ‘n foto te laat neem nie. Hy het mos al sy plakboek.Ek kyk na Liefie net so om te sien of sy dalk besig is om die spietkop se kant vat.Liefie maak of sy koerant lees.Ek wonder of sy en die spietkop iets aan het.Ek hoop nie hulle verkoop my fotos aan die Son nie. Of miskien die Kerkbode. Mens kan nooit weet as ‘n vrou en spietkop dalk saamspan nie.
Ek sê vir Liefie sal sy omgee as ek bietjie na die Tyger Valley gaan om saam met my vriend Fanie, na wie my oorle hond Fanie vernoem was, te gaan koffie drink, en so bietjie na die vroue-modes te kyk. Liefie sê vir my nee, sy gee nie om nie, en miskien kom sy self ook soontoe.Ek sê maar jy hou mos nie eintlik van die Valley nie. Liefie sê dit is wel so, maar ek kan myself altyd dwing om te gaan. Ek sê niks. Ek ondersteun nie dwangarbeid nie.
Mick Jagger trek vanmiddag alweer vir Liefie straataf. Ek sê vir Liefie stap jy met hom of stap hy met jou? Liefie sê mens kan deesdae n leiband kry wat sulke klapgeluide maak as Mick net aanhou trek in ‘n rigting.Ek sê vir Liefie hoe sou jy gevoel het as jou ma big- bangs in jou ore sou gegooi het toe jy ‘n baba was? Liefie sê ek sou dan nie aan my leiband getrek het nie. Ek wonder wanneer is dit Guy Fawkes.
Liefie sê vir my jy moet nou weer vir jou 'n pak klere koop.Daai baadjie van jou pak klere van 20 jr gelede, wat jy nou die dag aangetrek het saam met die swart broek, werk nie meer vir my nie. Dit lyk motgevreet, en of dit van jou gaan afval. Ek sê vir Liefie: weet jy hoeveel kos 'n pak klere? Liefie sê dit mag baie wees, maar daar is seker niemand van jou vintage wat nie 'n pak klere het nie. Meeste het drie. Ek sê vir Liefie: Ek het nie een of drie nodig nie. Ek kan een huur as dit nodig is. En ek is nie 'n vintage nie. Ek is 'n classic. Liefie sê mag so wees, maar jy het klaarblyklik nou restourasie nodig as dit by jou klere kom. Ek dink by myself: Sy was nogal baie nice die afgelope 40 jr. Ook rondom die ou karre. Maar dis die eerste keer dat sy voorstel dat ek met 'n restourasie-projek begin.
Ek sê vir Liefie: Geluk was vanmiddag aan my kant.Wou 'n vinnige slapie vang, en skrik wakker vyf minute voor vieruur, met 'n belangrike afspraak, heel aan die oorkant van Bellville om vieruur. Ek vlieg op, en soek Liefie se sleutels want haar kar is vinniger. Ek kry dit nie, spring in die ‘59 Morris Stasiewaentjie waarmee ek na my begrafnis geneem wil word, en laat waai vanaf Vredelust, oor Welgemoed, verby Protea Vallei, Van Riebeeckshof en Welgedacht, tot by Oude Westhof heel bo teen die bult.Ek raai so twaalf robotte tussen hier en daar, almal groen. Ek sê vir die mense "Ek is jammer ek is so 'n klein bietjie laat." Liefie sê: Jy kan bly wees jy het tot by die eerste straathoek gevorder. Ek bly maar stil. Ek dink by myself: Ons sal sien die dag van my begrafnis.
Ek sê vir my ou-kar vriend Ivan die Verskriklike ons moet ophou ou-kar goetertjies koop.Ek gaan my bankbestuurder verloor. Ivan sê: "Nee hel. Jy kan nie jou bankbestuurder verloor nie. Jy moet vasklou aan hom." Ek vertel die storie vir Liefie. Liefie word toe nie oorkom met 'n onmiddelike, spontane en onophoudelike lagbui nie. Ek vermoed sy het reeds die kredietkaart- staat gekry. Ek wil maar eerder nie te veel uitvra nie. Party goed moet mens nie weet nie.
Ek het gisteraand met hoendervleis geluister hoe Karin Kortje "You're simply the best sing." Ek buig oor na Liefie en sê: eintlik is dit darem nie heeltemal waar nie. Liefie buig oor na my.Ek dink nou raak sy romantic. Liefie sê: Hier is nog drie honderd mense in hierdie saal. Ek sê : Ja maar sy kyk die heel tyd na my kant toe. Liefie sug,en sê: eintlik is jy reg. Ek dink Liefie bedoel dat Karin Kortje dit eintlik net vir my gesing het. Liefie sê: met daai eerste opmerking van jou goetertjies vir die karretjies te koop. Ek besef ek kan my bank-bestuurder en my vrou op een slag verloor.
Ek sê vir Liefie: Elke keer as ek 'n krater van myself maak moet ek agterna weer my selfbeeld bou. Liefie sê: So jy is n soort Michelangelo in eie reg? Ek sê ja, en begin soek na my beitel. Liefie sê : Dalk meer soos Picasso met 'n verfkwas. Ek sê fok die beeldhouwerk en skildery. Waar is my ant-depressante.
Ek sê vir Liefie ek het vanmiddag by n winkelsentrum gestop en . n geldlorrie was besig om ATM te laai, met hazard ligte wat geflikker het, en my aan allerlei hazards laat dink het. Ek dink toe by myself ek beter maak dat ek wegkom-ek is nie lus om John Wayne of James Bond moves te moet gooi nie. Liefie sê: ek ken nie vir John Wayne so goed,nie maar jy hoef nie te worry dat hulle sal dink dat jy James Bond is nie.Ek dink toe so by myself dis seker omdat sy weet ek het nie n wit tuxedo nie.
Liefie sê: Almal sit weer vanaand hulle aandetes op facebook. Ek sê: ek het klaar ge-eet. Ek verlang nie na ander vrouens se aandetes nie. Dalk na 'n koppie koffie. Liefie reageer glad nie. Sy dink moontlik die koppie koffie net voor ete het die ding gedoen. Ek suffer maar in stilte, en oorweeg dit selfs om so ver te gaan as om my eie koffie te maak.
Liefie sê vir my die vrou wat hier agter jou sit het darem die snaakste haarstyl.Ek kyk versigtig oor my skouer en sien vrou met n soort rolux magnum -weed eater de luxe-dronk tuinier hairstyle . Ons sit by die bar counter want hier is nie n tafeltjie vir ons in ons favourite pizza plek nie.Liefie sê haar rug raak seer op die kroegstoeltjie. Ek sê as jy vir Rolux Magnum en haar partner kry om te loop kan ons by hulle tafel gaan sit.Liefie sê en hoe kry ek dit reg? Ek sê steek vir haar tong uit as sy hiernatoe kyk en gooi vir haar n zap sign of twee. Liefie skud haar kop en sip aan haar rooiwyn.Ek weet nooit wat presies in haar kop aangaan nie.Ek wonder of sy besig is om my voorstel te oorweeg.
Liefie sê vir my : Ons moet weer hondeskool toe gaan vanaand met Mick Jagger.Ek sê vir Liefie: Ek dink nie dis nodig nie.Mick Jagger is slimmer as al die ander honde, en ek weet meer van honde as die vrou wat die klasse gee. Liefie sê: Soos jy ook meer geweet het van ballroom dancing 35 jr gelede en toe beweer het dit was die instruktrise wat haar tone onder jou skoene ingedruk het? Ek sê vir Liefie: Moet nou nie weer daai ou koei uit die sloot kom grawe nie. Liefie sê: Dit was eintlik n baie mooi en sexy Braziliaanse instruktrise, al het sy plat tone gehad nadat jy haar leer dans het. Dis hoekom jy haar wou beindruk. Ek sê: Maar hondeskool is heeltemal anders, en wat daarvan dat Mick Jagger so slim is? Liefie sê: OK ek sal toegee dat Mick slim is. Ek dink by myself: Ek is is nie so seker of ek gewen het nie, maar ek sal maar weer hondeskool toe gaan vanaand. Ter wille van Liefie en vrede.
Liefie sê vir my: Ek wil vir Mick Jagger ook na die volgende kursus by die hondeskool neem. Ek sê vir Liefie: Ek gaan maar uitmis op daardie een.Mick se voorgraadse studies was vir my genoeg. Liefie sê vir my: Mens is nooit te oud om te leer nie. Ek sê vir Liefie:hulle sê so, maar moontlik is ek te jonk om te leer. Liefie sê: ons kan altyd vir jou in 'n spesiale klas plek kry. Ek dink by myself: Dalk besef sy nie Mick is ook spesiaal nie.Maar ter wille van Mick opper ek dit nie voor hom nie.
Liefie sê wil jy koffie hê? Ek sê: Ja, ek het gedink jy gaan nooit vra nie. Liefie sê iets. Ek vra hoe het jy gesê? Liefie sê: Ek het daai glad nie gehoor nie. Ek hoor die ketel begin kook. Ek voel behoedsaam, en dink by myself: Hierdie keer is ek dalk gelukkig, maar dit sal nie noodwendig altyd so wees nie. Ek beter versigtig wees. Ek het gehoor mens moet uitkyk vir so 'n vreemde bitter smakie.
Ek en Liefie ry uit by Willowbridge. Liefie sê: ek het nog nooit daardie groen kraghuisie raakgesien nie. Ek sê: ek het nie geweet jy stel belang in kraghuisies nie. Seker as gevolg van al die load shedding. Liefie sê: nou nie so dat ek sal gaan ondersoek instel nie. Ek ry maar aan sommer om te reageer.Die load shedding is darem mos nie my skuld nie.
EK sê vir Liefie:as my hare lank raak stuur my hairdresser van oorkant die kantoor vr my 'n sms en stel sy voor dat ek my hare sal kom sny. Liefie sê: dis 'n wonder hulle storm nie met 'n skêr en ‘n weedeater oor die straat nie. Ek wonder by myself of Liefie is net van mening dat ek 'n haarsny nodig het, en of sy dalk ‘n bietjie jaloers is. Ek deel egter nie my diepsinnige gedagtegang met haar nie.
Ek sê vir Liefie: kry vir jou ook een van hierdie honde-beskuitjies wat ek nou probeer het. Ek kan verstaan dat die honde daarvan hou. Dis wraggies nogal lekker. Liefie sê: ek sal die een liewers oorslaan. Ek dink by myself: sy hou seker van 'n ander soort.
Ek skuif om na Liefie se kant van 'n klein tafeltjie in die pizza restaurant om ook die rugby te kan sien (op 'n screen wat agter my rug is), en ek sit toe styf teen haar. Liefie sê: moet nou net nie dink jy is nou in die drive-in nie. Ek sê iets vir Liefie wat ek nie hier kan herhaal nie.
Die sexy waitress staan by ons tafel en neem ons order. Toe sy wegstap sê Liefie: sy staan darem baie naby aan jou. Ek sê: dis maar die impak wat ek het. Liefie sê: is jy nou 'n impakspeler, of wil jy haar pak? Ek kyk na die tv screen op die muur en dink by myself: Liefie het nie van pakgee gepraat nie. So sy is dalk nie regtig heldersiende nie.
Ek en Liefie kyk hoe die Springbokke teen die Iere rugby. Ek sê vir Liefie: daai ou in die agterlyn lyk darem baie soos die ou in Proesstraat. Liefie begin te lag. Ek sê vir Liefie: ek kan sien hy lyk vir jou ook so. Liefie hou op met lag, en fokus weer op die rugby. Lyk my nie sy wil wys dat sy saamstem nie.
Ek sê vir Liefie: Ek is nou moeg van hierdie aanhoudende nagraadse klasse wat Mick Jagger elke Dinsdagaand moet bywoon. Ek het nog nooit van lesings gehou nie. As Mick nou nog verder moet leer moet jy hom maar by Unisa inskryf.Liefie sê: Mick is baie lief vir die aandklasse.Hy geniet die ander honde baie. Ek sê ja, veral die tefies sien ek. Liefie sê almal is nie soos jy nie. Ek dink aan die jong vroutjies by Mick se aandklasse en kry n veraf uitdrukking in my oë.
Jy kyk al die geleenthede van A tot O mis. Ek besef daar is geen vertroue in my entrepreneuries idees nie, en dat daar skynbaar van my verwag word om sonder lewensvreugde voort te gaan om my brood in die sweet van my aangesig te verdien. Ek wonder egter so by myself wie my eerste kliënte kon gewees het, en so n paar flits deur my gedagtes.Ek wonder wanneer hulle dan hul klere uitgetrek het.
Ek sê iets wat erg onaanvaarbaar vir ordentlike mense sal wees. Liefie lag. Ek sê vir Liefie: Jy is 'n slegte invloed op my. Liefie lag weer. Ek weet nie waarnatoe dit gaan lei nie, maar ek is intens bekommerd. Binnekort sal ons nie meer voor ander mense met mekaar kan praat nie. Liefie sal regtig nou iets daaraan moet doen Sy sal moet werk aan haarself.
Ek sê vir Liefie: Miskien is ek nie so n goeie huishulp nie. Liefie sê: ek kan nie onthou wanneer jy van enige hulp was nie Ek dink by myself dat ek seker nie van Liefie kan verwag om te onthou wat ek reeds vergeet het nie.
Ek sê vir Liefie:Jy weet my ou karre kos saam minder as jou kar, en oor 4 jaar is hulle nog dieselfde werd. Liefie sê: Jy is baie wetenskaplik vanaand.Die verskil is dat my kar elke dag kan ry. Ek dink dat ek nie so daaraan dink nie.
Ek sê vir Liefie: ons het nie ernstige meningsverskille he nie, want partykeer het ek geen mening nie, en ander kere weer het jy geen mening nie - ek dink ons het blote dink-verskille by tye. Liefie sê: Ek dink, en dis my mening, dat ons nou 'n mening- en 'n dink-verskil het. Ek dink ek verstaan wat Liefie sê, maar besef ook dat wys sal wees as ek vanaand aan die versigtige kant bly.
Ek sê vir Liefie: hulle kan maar oor my sê wat hulle wil.Ek kan net myself wees. Liefie sê: hulle praat glad nie oor jou nie. Ek dink: hulle moere, wie hulle ookal is. Ek sal vir Liefie moet vra wie dit is wat niks oor my sê nie.
Ek sê vir Liefie : my lifetime skoolvriend Dr Eugene Bosman wat in Walvisbaai die medic was toe ek met geelsug in die army-siekeboeg gele, het gevra of hulle maar my song Droomtowenaar op sy begrafnis kan speel. En ook of ek 'n paar woorde sal sê, dis nou as ek die langslewende van ons twee sou wees. Want,so het hy gesê, hy weet ek sal nie sommer maklik lelik lieg of lelik praat op sy begrafnis nie. Ek sê toe vir hom dis een honderd persent met my, maar kan ek maar CD's ook probeer verkoop? Hy sê met plesier. Ek raak toe kinderlik opgewonde en dink ook aan allerelei plesiere, verloor net daar my fokus oor Eugene se oorlye, en sien hoe my CD platinum-status kry. Ek vra vir hom of ek maar 'n live show ook kan hou? Hy sê dis ook goed want hy sal dit seker nie self kan doen nie.Ek kry onmiddellik daai Skouspel/Afrikaans is Groot/Bles Bridges tipe gevoel. Liefie sê: moet net nie te carried away raak nie. Ek sê: nee, dis Eugene wat carried away gaan raak.Ek gaan sing en CD's verkoop. Liefie sê: Ek verstaan. Maar ek kan sien sy verstaan nie regtig nie. Mens moes saam met Eugene in die Engelse klas gewees het, en ook in die siekeboeg, om te verstaan. Selfs die kolonel se tikster het nie verstaan nie. En sy was baie baie gewillig. Om te verstaan. Nie sy of Liefie verstaan dat Eugene so slim is dat hy dokter geword het sonder om eens mediese skool toe te gaan of enige proefskrif in te dien nie.
Liefie vra vir my om die twee gangligte reg te maak wat al so 3 jaar stukkend is. Ek besluit om hierdie enorme projek aan te pak aangesien ek nie langer as 3 jaar wil luister na hierdie herhalende soms minder vriendelike versoeke nie. Ek sit die krag by die main switch af en sê vir Liefie om dit nie aan te sit voor ek klaar is met die ligte. Nou moet ons effens teruggaan in die geskiedenis.Op skool het ‘n valve radio wat ek van my ouma geërf het aan die lig se kragpunt in my kamer probeer koppel. Ek was toe reeds vergeetagtig en toe ek die drade wil koppel is ek van die bed af geskok, en reg uit die Sondagskoolkamp oorkant Oom Wollie Rabie se plaas by De Wet, waar die girls lekker gevry het die vorige jaar. So het ek gehoor. So ek is skrikkerig vir krag en ligtedrade. Terwyl ek my kennis van electronics probeer toepas op die tweede stukkende lig, en kort voordat ek die lamp shade stukkend laat val het, hoor ek vir Liefie in die kombuis.Waar die kragboks sit. Ek wonder vir n oomblik of ek nie maar die Sondagskoolkamp meer ernstig moes benader het nie. Kort daarna kom Liefie teen die trap op en sê vir my die krag is amper op.
Ek wonder hoekom sy gaan kyk het, en of mens die main switch moet aansit om te kyk of daar nog krag is.
Liefie sê: Jy en jou pêlle is almal dieselle. Ek sê: Dis nou sowaar 'n mooi gediggie. Ek gaan dit nou skryf op fb. Liefie gaan net aan met haar speletjie op haar i-pad, en verroer nie 'n spiertjie nie. Ek sê: Amper verstuit ek 'n stuitige lagspier. En ek gaan dit ook nou skryf op fb, dis 'n baie pittige opmerking. Al moet ek dit self sê. Liefie sê: Jy moet dit nie self sê nie. En wat meer is dit is ook hoogs onwaarkynlik dat jy 'n stuitige lagspier sal verstuit. Ek vermoed jy is oorfiks in daai departement. Ek is sprakeloos.
Ek sê vir Liefie: Ek dink ek is met die helm gebore. Liefie sug (ietwat oordrewe sou ek sê as ek wel kon waag om so iets te sê maar ek dink nie ek kan nie), en sê: Dalk meer soos met die valhelm. Al het jy nie ‘n Harley nie. Ek bewaar die stilswye.En my lewe
Ek sê vir Liefie: :Ek vermoed al die mediese klagtes wat ek afgelope tyd het ,het te make met aandag soek, luiheid en soeke na redes om nie te werk nie. Gelukkig is ek toe darem vanoggend uit die hospital ontslaan. "Liefie sê: "Ek het nie sulke vermoedens nie. Ek weet dit." Ek dink by myself: "As dit nie vir daardie male nurse was nie, het ek my nou weer gaan inboek."
Ek sê vir Liefie: "Ek het oor baie jare geleer om maar altyd my mond te hou." Liefie sê:"Ja. Ek het gesien oor die jare....meestal vir elke vrou om te soengroet...".Ek dink: " Voortaan praat ek eerder van stilbly as van mondhou. Misverstande ontstaan net te maklik."
Ek sê vir Liefie: "39 jr gelede was jy 'n bruid." Liefie sê:"Ja, en jy was die gom." Ek weet nie wat om hiervan te dink nie. Maar ek wil ook nie vra nie.Dalk het sy nie bruidegom in gedagte nie. Dalk het sy gomtor in gedagte.
Ek sê vir Liefie "jy hoort my eintlik te betaal vir live entertainment". Liefie sê "wat bedoel jy nou?": Ek sê "ek bedoel maar net die grappies wat ek elke dag maak." Liefie sê:"Ek het altyd gedink ek het 'n sy-soen kaartjie." Ek bedink myself oor die betaal storie.
Ek sê vir Liefie "Ek aanvaar dat aangesien dit gister ons troudag was ons nouop honeymoon is vir die volgende tien dae. Liefie sê: "Ja, en en jy woon seker in ‘n hotel en ek is seker die manager van die Wildernis Holiday Inn?" Ek oorweeg dit om na die naaste ladies bar aan Bellville te ry en 'n klein drankie of vyf te bestel.
Ek sê vir Liefie:"So 'n millimeter onder die naeltjie was nog al die jare vir my die voorkeur posisie vir n mini-skirt se soom." Liefie sê: "Met jou in die rondte seker meer van 'n voor keer posisie." Ek sê niks maar ek vermoed ek het 'n veraf uitdrukking in my oe.
Liefie sê vir my: "Moet jy nie maar vir Mick Jagger uitvat nie. Hy loop al in die rondte om." Ek sê "ek sal hom seker maar moet uitvat, maar as hy nie voor die winter leer om self te gaan piepie sonder dat mens sy hand vashou nie, sien ek 'n swaar winter voor ons." Liefie sug ,en mompel iets van "Ek vat hom meestal uit." Ek vra: "Hoe sê jy?" Liefie sê " Ek weet ook nie wat om te sê nie." Ek dink "Ek het wel geweet wat om te sê, en dit gesê ook. Maar niemand luister ooit as ek praat nie." Op daardie oomblik piepie Mick in die portaal. Ek kyk liewers nie in Liefie se rigting nie. .
Ek sê vir Liefie: "My borskas het so effens gesak. Nou nie dat jy dat sal kan sien nie,maar ek dink ek moet vir daardie plastiese chrirurg, Dr Jannie Barnard , vra om vir my 'n boop-job te doen. Ek het gehoor hy kan wondere verrig. "Liefie sê: "Miskien moet hy ietwat laer ook 'n bietjie werk doen." Ek kyk met skrefies-oë na Liefie. Ek veronderstel sy dink aan my sixpack.
Ek sê vir Liefie: "Jy is heeltemal te saggeaard om 'n hond groot te maak. ‘n Hond moet weet wie in beheer is".Liefie sê: "Moet nie kom onsin praat nie. Die honde luister baie beter na my as na jou.Hoekom dink jy was Mic Jagger vanoggend alweer bo-op die bed? Miskien moet jy eers daaraan dink om jouself eers groot te maak." Ek voel die druk, en oorweeg dit om vir myself 'n sak hondekos te gaan koop.
Ek en Liefie sit op die stoep kafee in Philadelphia en eet. My vrugtesap is op maar Liefie het nog n vol glas. Ek sê vir Liefie: "Ek gaan nou jou vrugtesap drink." Liefie skud haar kop.Ek sê: "O, ek gaan nie nou jou vrugtesap drink nie." Liefie knik haar kop instemmend, en ek besef ek het die situasie reg opgesom.
Liefie sê: "Jy moet nie die hond leer vloek nie." Ek sê: "Maar hy luister nie as ek nie ferm is nie." Liefie sê:" Dis maar goed ons het nie 'n pappegaai nie.Ek sidder by die blote gedagte." Ek stry nie met Liefie oor haar opmerking nie.
Liefie het vanoggend aangebied om vir my ‘n nuwe beursie te gaan koop. Sy het glad nie gesê of sy geld daarin gaan sit nie. Ek wonder daaroor.
Liefie het gister op baie adamante manier gevra of ek “vandag nog” die honde se nalatenskappe op die gras sal optel, want die kinders kom môre hier eet. Ek het vergeet. Hoe nou vandag gemaak? Ek wil nie teen haar wense handel nie.
Liefie sê vir my: “Jy is nie regtig ‘n regsgeleerde nie. Jy is eintlik 'n verkeerdgeleerde. Kyk maar hoe praat jy met die honde “ Ek sê vir Liefie: “Ons moet seker maar die reg sy beloop laat neem”. Liefie sê: “Meer soos rondloop as soos beloop”. Ek wonder of dit nou die slag oor my musiek-vriende of ou-kar vriende gaan. Gelukkig weet sy ek is bang vir vroumense.
Liefie sê vroegaand vir my: "Ek het "n spesiale soort borsel vir Mick by die veearts gekoop, wat glo allergieë vir hondehare voorkom.". Ek speel netnou met Mick en sê vir Liefie: "Jy weet, ek was maar sinies toe jy my vertel van daardie wonderlike borsel, maar dit werk sowaar.My oë brand glad nie. "Liefie sê: "Maar dis regtig fantasties. Ek is so bly vir jou part.Veral aangesien ek die borsel in my kar vergeet het, en nog nie vir Mick daarmee geborsel het nie." Ek dink by myself ek het my naam sopas krater gemaak, en praat oor ander goed.
Ek en Liefie kyk na koekedore op tv. Die hoofkoek- tante së iets soos dat die koekedore moet wys wat in hulle steek. Ek maak 'n opmerking wat ek as baie besonder toepaslik beskou. Liefie gee voor erg geskok te wees. Die vrou op tv kondig die kleinkoekie-ontwikkelaar aan. Ek maak 'n nog meer gepaste opmerking. Die tantes op die screen het nou te make met wortelkoeke en chocolate-moes en droë koeke. Ek vestig die aandag op die onderliggende tema.Liefie sê ek is defnitief nie 'n geskikte persoon om die betrokke program te kyk nie, en ek het n slegte invloed op haar ook. Ek dink dis 'n erg onregverdige opmerking jeens haar persoonlike eggenoot.
Ek sê vir Liefie die vrou hier by die tafeltjie langs ons is al super ge-irriteerd met haar man wat die heel tyd al harder praat oor " die drie girls wat in sy bestuurspan ingebrng is om vir hulle exposure te gee”. Liefie se vir my:" Hoe weet jy dit?". Ek sê:" Ek kan aan haar body language sien. Liefie sê: "Wat het jy met haar body language te make? Jy het mos nie tale geswot nie?" Ek sê: "Aan die ander kant. Miskien het sy my raakgesien”. Liefie sê: "Dit mag so wees. Maar dit is seker nie noodwendig nie." Ek fokus maar op die nagereg op ons eie tafel.
Liefie sê vanoggend: "Is dit regtig altyd nodig so reguit oor alles te praat." Ek sê" Eerlikheid is nog altyd belangrik gewees.Ek praat maar net die waarheid." Liefie sê: "Maar partykeer is die waarheid vir jou ook maar net 'n verskoning om te sê wat jy in elk geval wou gesê het." Ek sê "Maar dit bly nog steeds die waaheid." Liefie sê:"In jou geval meer soos die onreine waarheid."
Ek sê vir Liefie:"Ek lees vanoggend op die voorblad van Die Burger van die penale oorplanting wat by Tygerberg Hospitaal gedoen is, en in een angswekkende oomblik verbeel ek my ek het enorme baie gewig verloor." Liefie sê: "Dit sal dalk 'n goeie ding wees as jy jouself as 'n skenker aanmeld. Maar ek weet nie of jy werklik meer so 'n groot verskil sal kan maak nie." Ek laat my egter nie in hierdie debat intrek nie.
Liefie sê vir my:"Jy weet, jy is nie 'n Gemini nie. Jy is Gemini -kwadraat". Ek sê vir Liefie: "Dis Maandag. Waarom moet jy nou oor seks praat?" Liefie se: "Genade.Hoe bring jy dit bymekaar?" Ek sê: "Dis maklik. My Ma was 'n Wiskunde onderwyseres. Dit gaan oor die wis en die onwis". Liefie sê vir my: "By jou dalk meer oor die onrus. Maar almal kan seker nie Einstein wees nie. En dis erg onwaarskynlik dat die modelle wat jy in jou kop het Wiskundige modelle is." Ek bly stil, en dink verder aan driehoeksmeting.
Ek sê vir Liefie “dit sal nogal 'n moeilike keuse wees” Liefie sê “waarvan praat jy nou?” Ek sê: "My tweede vrou. Ek sal moet kies tussen 'n jong baie mooi en fikse vrou, en 'n baie ou maar skatryk vrou wat nie mooi hoef wees nie, en ook nie gesond nie. Dis vir my die twee pole. Altwee is vir my nogal baie aantreklik.” Liefie sê: "Dalk sal dit nooit 'n werklike probleem wees nie.Tensy jy jou nou in die Suid-Pool of in die Noord-Pool laat vries. Dis dalk die twee pole waartussen jy moet kies". Ek wonder hoe die Eskimo-girls lyk, of hulle geld het, en of hulle gereeld gym toe gaan.
Ek sê vir Liefie "my rokery was baie voordelig vir jou. Dit het gemaak dat ek my dagklere aantrek in die oggend om sigarette te gaan koop, en dan meestal werktoe gery het ". Liefie sing saggies "Daisy,Daisy...", en kry 'n vêraf uitdrukking in haar oë. Liefie sê “as jy so aanhou rook, sal ek moet ‘settle’ vir jou lewenspolis". Ek sien 'n bottel melck in die yskas, en raak yskoud.
Ek sê vir Liefie "ek was vandag baie spaarsamig. As ek 'n ratkas moes invoer sou dit baie meer gekos het. Kom ons gaan eet 'n pizza." Liefie sê "dis nie spaar nie, maar ek sal dit vanaand oorsien." Ek spreek nie verbasing uit nie.
Ek sê vir Liefie "dis jou skuld dat ek so lelik praat.Jy is veronderstel om jou afkeuring en misnoë te vertoon. Liefie sê "ek lag nie vir die woorde wat jy gebruik nie.Ek lag vir jou. " Ek sê: "Dis nog baie erger.Jy lag my uit". Ek gebruik n paar nuwe ou woorde wat ek vir die eerste keer in Desember 1972 op n ‘chemical plant’ in Sasolburg gehoor het, en toe ingevoer het na die Kaap. Liefie lag weer. Die hond skud sy kop in afkeuring. Net hy sal weet of dit teenoor my of Liefie was.
Liefie sê "dis tyd dat jy weer hard begin werk." Ek sê "dis heeltemal omoontlik". Liefie sê "hoekom?" Ek sê "dis te koud om by die sweet van mens se aangesig uit te kom", en voel baie oulik oor my briljante opmerking. Liefie kyk my net aan, met daai kyk. Ek sê "ek voel nou baie in die aangesig gevat", en voel nog ouliker. Liefie sê "jy dink jy is baie gevat." Ek dink "ek beter stilbly. Hier kry ek vandag op my moer."
Ek s sê vir Liefie sy gryp nie al die geleenthede aan wat ek vir haar skep om vir my koffie te maak nie, en sy moet inagneem dat mens kry nie noodwendig altyd ‘n tweede kans nie. Liefie sê maar sy is heeltemal bereid om berekende riskos te loop.
Ek sê vir Liefie:"Ek sal maar self vir my koffie maak." Liefie sê: "Ja.Hoekom nie.” Ek besef sy gaan my nie probeer voorspring nie.
Liefie sê netnou vir Mick Jagger:"Gaan sit daar by jou Pa.Moet nie die heel tyd agter my aandrentel nie." Ek besef ek het 'n oorwinning behaal.Tot dusver het sy my vaderskap betwis.
Ek sê vir Liefie: "Hierdie 50 Shades of Grey klink bietjie heavy.Skynbaar is hier n dominatrix hier in die noordelike voorstede ook. Wonder wanneer loop ‘n man jou per ongeluk vas in 'n lybeurt? Ek het op skool laas pak gekry,en dit was nie by n juffrou nie". Liefie sê:"Jy het dit seker verdien. Was waarskynlik eerder 'n luibeurt gewees." Ek sê vir Liefie ek wil nie nou verder ingaan op hierdie saak nie.
Ek sê vir Liefie dat ek twyfel of ek dit tot in die Springbok rugbyspan sal maak.Liefie se sy twyfel glad nie.
Ek sê vir Liefie hier is baie girls in Tyger Valley wat my wil verlei.Liefie sê jy is nie meer verleibaar nie.Ek dink aan grys areas en vêr leiding aan 'n leiband.
Ek sê vir Liefie: " Jy kan eintlik darem bly wees om my te gekry het, lank terug." Liefie sê: "Ek lewe 'n lewe van blydskap." Ek wonder oor Liefie se lewenserns.
Liefie sê ek moet vir Mick uitvat om te piepie voor ek gaan slaap.Sy het nie gevra dat ek Mick sal uitvat om te piepie nie.Sy het net gesê. Ek sal iets aan hierdie saak moet doen.'n Moderne man vat nie sommer piepie opdragte net as hy wil gaan slaap nie.
Ek sê vir Liefie: "Eintlik is ek veronderstel om by die werk te wees:. Liefie sê: "Hoekom is jy nie?" Ek sê:" Geen mens is perfek nie".Liefie sê: "Dan is jy klaarblyklik wel 'n mens." Ek besluit dat sy die keer reg is.
Ek sê vir Liefie: "Ek wonder of 'n man ook kan inskryf vir die SPAR Women's League 5/10 km padwedloop" Liefie lyk agterdogtig. Ek se vir haar: "Dit gaan deur 'n baie scenic area." Liefie sê: "Ek is heeltemal bewus daarvan dat dit vir jou net oor die scenery gaan.Ek dink jy moet probeer om te wen" Ek bly maar stil en dink dat ek dit eintlik sal verkies as hulle heelpad voor my hardloop.
Ek sê vir Liefie: "Ek wonder nogal wat die ou bedoel het toe hy sê daardie mooi girl by die werk het hom gisteraand heelaand uitoorlê." Liefie sê: "Ek weet nie en dit is ook nie baie wetenswaardig nie.Dis egter nie wat jy dink nie".Ek wonder hoe weet sy dat sy weet wat ek dink.
Ek sê vir Liefie: " Dit lyk vir my dit is maar 'n man se roeping om hom dood te werk vir sy vrou en kinders." Liefie sê: "Dit lyk vir my of jy nogal sukkel om jou roeping te vervul."Ek dink dit is 'n erg dubbelsinnige opmerking, en dat ek baie meer behoedsaam sal moet raak.
Ek sê vir Liefie: "My onderbene begin deesdae uitswaai soos n ou volkswagen se agterwiele En ek wou nog n international rockstar geword het". Liefie sê: " Jy moet dalk dankbaar wees.Dis seker die naaste wat jy ooit aan 'n Beatle sal kom. "Ek dink by myself: "Sy klink vanoggend darem glad nie soos 'n tipiese groupie nie."
Ek sê vir Liefie:"Jy weet die downside van hierdie kantoor is dat hier nie n lekker coffee shop naby is nie. Dis vir my n passion killer om tussen al die griepgesigte in die apteek se coffee shop te gaan koffie drink." Liefie sê: "Daar is darem die viswinkel.Daar kom n tyd wat mens maar met slap chips tevrede moet wees". Ek wonder hoe bedoel sy dan nou, maar vra nie opklaring nie.
Liefie sê : "Hierdie aanmekaar gemoan dat jy kamma so hard werk moet nou end kry. Ek is baie vroeër op kantoor elke dag as jy en spandeer baie meer tyd op die office management en accounting as wat jy ooit op kantoor is.En dan praat ons nie een van jou geface op kantoor nie". Ek besef dat ek sal moet face save op een of ander manier.
Liefie sê vir my: "Jy en Mick Jagger moet ophou met julle gesoenery.Kyk hoe lyk jy van die allergieë". Ek sê vir Liefie: "Is jy jaloers?" Liefie sê: "Op watter een van julle twee nogal?" Ek dink ek sal seker maar moet begin gym.
Die goeie dokter sê “Erge allergie", en pomp my vol kortisoon. Ek sê: "Maar niemand het nog forensiese toetse gedoen nie. Mnr De Melcker het net so gelyk, en Liefie weet die dooi-polis is lewendig. Die Dr lyk effe puzzled maar lewer nie kommentaar nie.Seker te bang om te erken hy kon 'n fout gemaak het. Of dalk het hy en Liefie ‘n deal gemaak oor die polis.Mick waai sy stert en lek my weer deur my gesig, en vat sommer n lek na die dokter. Die dokter begin ietwat geirriteerd te lyk.
Liefie maak of sy glad nie hoor nie as die honde in die oggend rondom my bed en ore begin baklei. Ek vermoed sy is van mening dat dit beter sal wees as ek betyds werk toe gaan, maar ek vra haar nie daaroor uit nie.
Liefie sé: “Ek moet nie my gesig in die kombuis met die opwaslap afvee nie”. Ek sê: “Maar Mick Jagger het my sopas deur die gesig gelek”. Liefie sê: “Presies”. Ek sê: “Nee. Eintlik nogal wild.Hy werk mens sommer van oor tot neus tot ander oor.” Liefie sê: “Watter ore?” Ek voel vir die tweede keer erg in die gesig gelek.
Die tannie hier af in die pad sê "Is dit nou jou swempakkie of jou pyjamapakkie wat jy aanhet?"Ek vertel vir Liefie en sê vir haar: "My dress code maak impak. Ek het mos Desember al vir jou gese die pyjamabroek met die blou strepies werk in die dag en in die nag.Binnekort loop almal met lingerie hier rond. Ek sal nog uitrustings moet kry."Liefie sê: "Ek twyfel of my nighties jou sal pas, maar jy moet maar probeer.Kan nie erger wees as daai blou strepies pyjamabroek nie." Ek wonder of sy nou my geliefkoosde naweeklyfie-uitrusting beledig.
Liefie sê:" Moet nou nie kom ongeduldig raak nie. Gaan sit jy daar op die stoep en speel met jou facebook maatjies.Ek het al baie vir jou gewag." Ek dink:" Ek sal versigtiger moet wees vorentoe.Sy onthou alles."
Ek en Liefie sit in die coffee shop by Vygevallei padstal.Ek sê vir Liefie daai dogtertjie gaan nou daai toebroodjie en chips ook in haar gesig in druk.Liefie se "Sjuut...jy praat dat almal kan hoor." Ek sê "ek is jammer, maar die ma het nou ook n hele plaasbrood in haar eie gesig ook in gedruk." Liefie staan skielik op en loop na ‘n ander area in die padstal.Vermoedelik wil sy nie met my ge assosieer word nie,en druk maar n chicken pie in my gesig in.
Ek sê vir Liefie: "Ek het die intense vrees dat n klomp vrouens my die naweek vir seks sal nader. Ek het rus nodig." Liefie sê: "Daar is geen rede tot kommer nie." Ek voel effe gerusgestel maar nie heeltemal gerus nie.
Liefie sê sy gaan gou dorp toe om vir my medisyne te gaan koop. Ek wil haar op billike manier oorreed om nie te gaan nie, en sê vir haar :" Sê nou ek gaan dood terwyl jy in die dorp is?" Liefie sê :"Ek is vol hoop dat dit nie sal gebeur nie." Ek lei af sy het alles opgeweeg en is van plan om tog dorp toe te gaan.Sy vra of daar nog iets is wat sy kan saambring. Ek sê:"Wat van sigarette?" Liefie antwoord my nie, en verdwyn net uit die vertrek. Ek hoor haar kar buite start, en besef sy het ‘n finale besluit gemaak om dorp toe te gaan sonder om enige aankope vir my te doen.
Liefie sit 'n phodie van mans met gehekelde kortbroeke op haar fb.Ek sê vir Liefie wat ek onderaan dit wil comment.Liefie se "nee man.moet nou nie my thread kom besoedel nie". Ek dink Liefie word nou 'n greenie.Dalk kan ons ‘n paar impakstudies oorweeg.
Liefie het gister vir my ‘n blou pyjama broek met die wit strepies gebring wat sakke het, en ‘n blou t-shirt wat daarby pas. Ek lyk soos die arm man se Little Lord Fauntleroy. Ek dink sy wil my afneem en op gumtree adverteer onder second hand husbands. Sy sal darem seker nie nou al wil verkoop nie, want daar is nog goed wat gefix moet word.
Ek se vir Liefie die winkelpoppe in die lingerie afdeling by Woolworths is darem baie uitlokkend. Liefie sê vir my miskien moet jy maar weer n draaitjie by jou psigiater en oogkundige gaan maak. Ek sê maar hulle wil my nie uitlok nie. Liefie sug. Ek dink nie van verligting nie.
Ek vra vanaand vir Liefie om vir my hoesmedisyne by Mkem te gaan koop. Sommer twee bottels. Dit is n broncho-dilator vir ekstra asem. Liefie kom terug met ‘n bottle merdisyne. Ek drink ‘n opskeplepel, want dis nogal lekker vir my. Agterna sien ons toe dis krampwerende medisyne. Ek vra vir Liefie of sy suggerrer ek ‘n kramp is.Liefie ontken nie oortuigend nie.
Ek sê vir Liefie: Ek kan nie 'n afspraak kry by my psigiater nie. Hy is by sy psigiater. Ek het hom mal gemaak. Liefie sê: Kry vir jou 'n vars psigiater.
Ek sê vir my psigiater :" Liefie en die kinders verstaan my. Hulle is seker nie lekker nie". My psigiater sê dadelik hy verstaan my glad nie.Ek dink hy is bang dat ek sal uitpraat. Hy het 'n praktyk om te beskerm.
Ek se vir Liefie sy moet nie worry nie die bakkie is n soort spesiale spaarrekening wat sal groei in waarde. Liefie se dit het klaarblyklik gegroei vandat jy dit verkoop het totdat jy dit teruggekoop het. Ek maak of ek dit nie gehoor het nie.
Ek sê vir Liefie: "Ek is jammer omdat ek in die sitkamer gerook het." Liefie sê: Ek is ook jammer daaroor." Ek dink by myself: "Liefie deel in my spyt. En sy het nog nooit eens gerook nie."
Ek sê vir Liefie: "Die probleem in ons huwelik is dat jy baie slimmer as ek is." Liefie sê: "Ek het nie geweet daar is 'n probleem is ons huwelik nie.Ek weet wel dat ek jou gereeld moet uitoorlê om dinge gedoen te kry." Ek sê: " Uitoorlê. Dit klink baie exciting." Liefie kyk streng na my met daardie kyk en vertoon geen gewenste reaksies nie. Ek besef dat ek foreplay anders sal moet benader.
Ek sê vir Liefie: "Ek dink elke keer as ons 'n meningsverskilletjie het is dit eintlik meer 'n bietjie van misverstand" Liefie sê: "Ek stem heeltemal saam.Ek mis ook die verstand." Ek dink by myself dalk het ons vanoggend 'n soort meningsverskil.
Liefie sê vir my:"Jy moet regtig nou iets aan die dak laat doen.Dit lek nou al skyn die son. Dit kan 'n kortsluiting veroorsaak."Ek sê: "Dit lek al vir 30 jaar en niks het gebeur nie."Liefie sê: "Dit is die probleem." Ek dink Liefie het my nou heeltemal verkeerd verstaan.
Ek sê vir Liefie:"As daar soms 'n ou menings-verskilletjie is oor een van die kinders of die honde weet ek vooraf dat ek tweede sal kom".Liefie sê:"Daar mag ander gevalle ook wees.En hoekom verskil jy as jy weet?".Ek vermoed hierdie is dalk een van die ander gevalle.
Ek se vir Liefie: Dit is alreeds 19h00.Ek dink ek moet nou my pyjamas uittrek, stort en dalk skeer.Liefie sê:Ek dink ook so. Ek besef ons het eenstemmigheid in ons gesin.
Ek sê vir Liefie ek weet sy is baie verlief op my, maar way back toe ek ook ander girls uitgeneem het was sy nog baie meer verlief op my, en miskien moet ek weer ander girls ook uitneem. Dit kan mos baie exciting vir haar wees.Liefie sê sy dink nogal nie so nie. Ek se "o".
Ek së vir Liefie ek dink ek moet n loopbaan verandering oorweeg,Liefie sê wat wil jy doen?Ek sê ek dink daaraan om n seksterapeut te word.Liefie sê sal dit suksesvol wees?Ek sê dit maak nie baie saak nie,Solank mens jou werk geniet.Die slag sê Liefie toe "o".
Liefie sit heel middag en lees in haar nuwe biblioteekboek.Ek sê vir Liefie as ek doodgaan en jy trou weer moet jy darem nie elke dag vir jou nuwe man vertel hoe wonderlik lekker dit saam met my was nie.Liefie sê.hy sal maar verlief moet neem.Ek sê dit is presies wat my bekommer.Liefie lees net voort in haar boek.
Ek sê vir Liefie water word so duur, ek wonder of ons nie n nudiste oord in ons voortuin moet begin nie.Liefie sê solank sy nie een van die nuwe struike hoef te wees nie.Ek sê mens sal maklik kan struikel as daar baie struike is.Liefie sê in jou geval hoop jy seker om te stray.Ek sê ek verstaan glad nie die moeilike Engelse woord nie.
Ek sê vir Liefie ek dink ons moet vir Mick Jagger n hondehok koop sodat hy buite kan slaap.Ek is nou moeg daarvan om elke nag twee keer op te staan en uit te gaan sodat hy kan piepie.Liefie sê dit sal net werk as jy saam met hom in die hondehok gaan sit.Ek kry die gevoel Liefie het n agenda.
Ek sê vir Liefie ek het vanoggend lus gehad om n sigaret in die bed te rook.Soos in die army dae.Liefie sê as ek dit doen loop sy.Ek sê dan loop ek saam want ek laat my nie sommer dreig nie.Liefie maak n onheilspellende giegiegie geluid. Ek besluit om maar eerder nie in die slaapkamer te rook nie.
Ek sê vir Liefie iets mooi in die pizza restaurant wat mens nie op fb kan herhaal nie.Liefie sê die mense kan jou hoor.Wees eerder net normaal.Ek sê jy het tog gelag, en dit was normaal.Liefie sê miskien vir jou.Ek dink hier skop daai sielkunde studies van way back nou in.
Ek se vir Liefie, toe ek in die bed klim, "Hoe voel jou keel?" Liefie lyk deur die slaap en gesteurd en se "dis nie nou 'n tyd vir speel nie". Ek dink dat daar 'n misverstandjie is, en dat haar keelseer seker aan middeloor-ontsteking te wyte is. Ek vind dit terselfdertyd verblydend dat haar gedagte 2 uur in die oggend in die rigting van speel gegaan het.
Ek sê vir Liefie "dit sal nogal nice wees as jy dorptoe ry om vir my n blikkie coke te gaan koop."Liefie sê vir my "jy is van Lotjie getik".Ek wonder wie die Lotjie is, en besef ek gaan vanaand sonder daai blikkie coke slaap.
Liefie het heeltemal geweier om die blikkie coke te gaan koop al het ek gesê sy kan vir haar ook n blikkie koop.Toe moes ek nou self in die yskoue uitgaan.Toe koop ek sommer 4 blikkies vir myself en niks vir haar nie.Dit sal haar leer om nie vir haar heer en meester n blikkie coke in die dorp te gaan koop nie.
Ek sê vir Liefie “die probleem bly steeds dat jy slimmer as ek is.” Liefie sê vir my “ek stem nogal saam met jou oor hierdie diepsinnige gedagte”. Ek se vir Liefie “dit klink nou amper asof slim sy baas gevang het.” Liefie sê ek het jou wel gevang maar ek beleef jou nie as my baas nie. Ek besef dat ek die handdoek moet ingooi , en praat maar oor oor die weer en die regering.
Ek sê vir Liefie "ek is bly ek het jou ontmoet,al was jy so flippin' cheeky gewees."Liefie sê vir my "Ek was nie cheeky nie", op 'n baie cheeky manier.Ek besef ek moet maar (weer) my mond hou.
Ek sê vir Liefie "jy lag darem deesdae vir baie goed wat jou vroeër sou geskok het.Ek het jou goed opgelei." Liefie sê niks vir my nie, en lag ook nie vir my spitsvondige opmerking nie. Ek besef dat ek haar bederf het oor die jare, en voortaan baie erger goed sal moet kwytraak.
Ek dink by myself "dis omdat Liefie al die jare op my kop sit dat my nekwerwels gee pad het en my nek twee jaar terug ge-opereer moes word." Ek sê egter nie n woord nie want ek is nie lus vir nog n nekoperasie nie.
Ek ry met Liefie se walglik-moderne kar, wat nes al die ander walglik-moderne karre lyk. Ek kry 'n skielike 'n drang om my voet neer te sit. Liefie sê "ry stadiger, jy ry soos 'n mal mens". Ek sê "ek is mos mal". Liefie sê "darem nie so mal nie". Ek verminder spoed, want ek wil nie op een aand drie keer beledig word nie.
Liefie vra of die werksmense wat die dak regmaak sommer ook die stukkende vensters kan vervang. Ek voel effe geirriteerd en sê vir Liefie "jou naam moes eintlik Phyllis gewees het".Ek sien sy verstaan verkeerd en sê "ek bedoel soos in Fillistyn". Liefie sê: "En jy is natuurlik die Israeliet sonder enige bedrog".Ek voel bly omdat sy my so komplimenteer.
Ek sê vir Liefie julle het alweer my pyjamas in die was gegooi.Liefie lag vir my, en sê daar lê dit voor jou op die stoel.Ek sê vir Liefie dit kon baie maklik nie daar gewees het nie. Ek besef egter sy gaan strategies te werk en bewonder waarskynlik my Ryk Neethling torso as ek sonder my bril en my pyjamas in die kamer rondloop.
Liefie gee vir my raad wat ek glad nie gevra het nie.Ek sê mens gee nie raad as n man met elektriese drade en n kortsluiting sukkel nie.Liefie glimlag vir my, en stap kombuis toe.Ek sê dit was 'n mooi glimlag, maar sy hoor dit nie.Liefie sê uit die kombuis jy is altyd beneuk as jy werkies moet doen.Ek sê hard my laaste sin was dat jy mooi geglimlag het.Liefie begin te lag.Ek dink die een kortsluiting is opgelos. Nou vir die ander een.
Ek en Liefie sit in Vygevallei padstal en koffie drink.Ek sien Liefie volg my oë.Ek sê vir Liefie dis baie swaar. Hier loop aanmekaar sulke meisies op sulke bene verby.Liefie sê ja, ek is jammer vir jou.Maar dis mos maar wat meisies soms doen. Ek dink verder oor die lewe.
Ek sê vir Liefie sê nou net die eerssterwende word die langslewende en sulke mooi vroutjies op sulke bene kom weer hier verby.Liefie sê dit is "too ghastly to contemplate". Ek weet nie presies wat sy bedoel nie, maar ek maak of ek verstaan.
Ek sê vir Liefie ek het gedroom jy het n affair met so n lang smooth ou.Hy kom by ons aangestap, en gee jou n "hug" sommer hier reg voor my.Liefie lyk erg ingenome met my droom en die "hug", en vra vir my "en wat gebeur toe?" Ek sê vir Liefie toe bliksem ek vir smoothy sommer net daar en dan, en toe word ek wakker.Liefie lyk baie teleurgesteld dat my droom so vinnig ge-eindig het. Gelukkig sê sy nie dat al wat ek nog gebliksem het is om an die bed af te bliksem nie. Ek dink so by myself eintlik moes ek daai smoothy nog n keer gebliksem het.
Ek sê vir Liefie ek wonder wat ek vandag kan doen.Liefie sê ek weet van verskeie dinge.Ek wonder wat sy in gedagte het, maar besluit om haar nie daaroor uit te vra nie.
Liefie sê die samoesas lyk vir haar soos drug lords.Ek wonder hoe sy weet, en of iemand tik gaan uitdeel.Dalk Etsebeth
Ek sê vir Liefie ek weet nie lekker wat om oor alles te sê nie.Liefie sê moet dit dan nie sê nie.Ek sê dis wat ek ook sê
Ek sê vir Liefie ek hoop julle sal my 'n bietjie mis na my dood. Liefie sê ons sal.Jy sal die missing link wees. Ek dink sy kan maklik misverstaan word.
Ek sê vir Liefie iets wat nie te erg is nie. Liefie sê vir my jy kort 'n pak slae. Ek dink aan lyfstraf maar opper dit nie
Ek sê vir Liefie ek oorweeg dit om 'n "male model" te word. Liefie vra of dit 'n "model" is wat net 'n myl vêr sal kan gaan. Ek besef ek moet voortaan nie my tale so mens nie.
Ek bel vir Liefie en vra dat sy asseblief my haarborsel kantoor toe moet bring.Liefie vra nie hoekom nie.Al wat sy vra is of ek my pille gedrink het.Ek wonder of sy sarkasties is,maar gee haar die voordeel van twyfetale so meng nie
Ek se vir liefie ek is die chauffeur van die troukar, maar ek is nie saamgenooi op die honeymoon nie. Liefie se vir my wat ‘n onverwagte teleurstelling. Ek se vir Liefie toe eye ek maar die bridesmaid.Liefie se dit was heeltemal onnodig om dit te meld. Ek het nie gedink dis jou bril wat jou so skuins getrek het nie. Ek dink daaraan om ‘n ander bril te kry.
Ek se vir Liefie die old boys reunie op Worcester was regtig baie lekker. Liefie se "ek weet van die old, maar ek weet nie so mooi van die boys nie". Ek bly stil. Amper net soos die Skim.
Die Italiaanse vroutjie by die pizza restaurant met die ronde sitvlak gee my die gebrulkike hug toe ons loop. Toe ons teen die trap afloop sê ek vir Liefie ek wonder wat die vroutjie sal doen as ek haar 'n knypie sou gee wanneer sy my so groet.Liefie sê hou vas aan die trapreëling sodat jy nie val nie.Ek besef Liefie is is nie te erg jaloers op my my nie
Liefie ry gister weer soos oorle Ayrton Senna met haar walglike moderne kar waarvoor ek betaal en wat in my naam geregistreer is, met die skyfremme reg rondom, maar waarin ek nie n skyf mag rook nie. Ek sien n boks voor in die pad en sê "watch out daar is n doos in die pad." Liefie verminder effe spoed maar verander glad nie van rigting nie. Ek skree weer "watch out".Liefie sê" wat is dit met jou.:Ek sê "jy het amper oor die boks gery".Liefie sê "ek het gedink jy praat van n spietkop". Ek besef sy is wel wetsgehoorsaam as die wet naby is.
Ek sê vir Liefie ek het nou agtergekom dat mens wel die hek kan sien in die truspieeltjie -ek het hierdie week nie een keer in die hek vasgery nie. Liefie sê sy is baie bly om dit te hoor, maar dalk moet ek dit ook oorweeg om na die kant en voor my te kyk. Ek besef sy dink aan laas week se ou ongelukkie, en beskou nie my goeie rekord van hierdie week as voldoende versagtende omstandigdhede nie. Ek sug, maar nie so dat sy dit agterkom nie.
Ek vermoed Liefie is wel lief vir my al is sy liewer vir Mick Jagger. Sy het so pas ingewillig om vir my 2 pakkies sigarette en n lighter in die dorp te gaan koop.Of dalk het sy n plan B. Sal maar moet wag en kyk hoe alles ontplooi.Maar dit is later se worries.
Ek dink ek moet nou maar stort en skeer.Liefie kom nie uit die dorp met my sigarette nie. Sy is seker op plan B.
Liefie sê vir my "vee nou asseblief die sigaret-as wat jy gemors het van die tafeltjie af.Ek het jou al twee keer gevra". Ek sê vir Liefie "soos die hof behaag."Liefie gee vir my haar Daisy de Melcker kyk. Ek word yskoud, en wonder oor daardie koppie koffie wat vanoggend so bitter gesmaak het
Liefie sê ek sien die lamppaal in die tuin staan skuins.Wanneer het jy daarin vasgery? Ek sê dis seker as gevolg van nou die dag se aardbewing. Liefie sê o, het die aardbewing die lamppaal agter jou morris ingeskuif? Ek besef sy weet my richter-skaal werk nie so goed in reverse nie.
Ek se vir Liefie dis omdat sy my so bederf dat ek niks kan doen nie.Liefie stry nie met my nie.
Ek se vir Liefie ek sal seker nou in die yskoue moet uitgaan om my kar in te trek want jy wil mos nie met die Morris ry nie. Liefie sê heeltemal korrek.
Liefie sê vir my ek kan bly wees dat Zumpie nog nie die Valke op my gesit het vir ekonomiese hoogverraad nie. Ek vra vir Liefie hoe bedoel sy. Liefie sê vir my met daardie wrakke waarmee jy ry en al in die middel van Du Toitsklooftonnel, op die kruin van Sir Lowry's Pass, in Houwhoekpas, op pad na Nuweland, op pad na Langebaan en wie weet waar nog gaan staan het, kon jy veroorsaak het dat die land rammelkas-status kry. Ek weet nie wat om te sê nie, en dink oor 'n antwoord. Liefie lyk intussen baie tevrede met haar makro-ekonomiese evaluasie oor my beleggingsmodelle.
Liefie sê vir my ek moet onthou dit is ons pensioengeld wat ek so op die ou karre spandeer. Ek sê vir Liefie sy moet ophou worry want as ek doodgaan sal 'n polis uitbetaal. Liefie sê maar jy gaan nie nou al doodgaan nie.Liefie klink bekommerd. Oor iets.
Ek sê vir Liefie my kop is seer.Liefie sê vir my sy is jammer vir my. Ek sê vir Liefie dankie maar ek is so jammer vir myself sy hoef nie ook jammer te wees nie. Liefie sê dan hou sy dit vir n ander keer, maar aan die ander kant jy sal dalk vorentoe ook nie aanvulling benodig nie. Ek dink Liefie ken my op n manier.
Liefie sê vir my daar is 'n boer van 64 jr op Boer soek 'n Vrou...sy sê jy kan maklik ook inskryf...jy moet net eers aan Boer soek 'n Plaas deelneem. Ek vermoed Liefie het 'n boyfriend. Ek besef dis nie 'n boer nie.
Ek sê vir Liefie jy is my hartediefie. Liefie lyk behoedsaam en sê wat het jy gedoen of wat wil jy hê?
Ek vra vir Liefie of sy my tandepasta gevat het. Liefie antwoord met 'n skitterwit glimlag. Ek beleef dit as stawing van my vermoedens, maar wonder ook of sy nie by onwettige ivoorhandel betrokke is nie.
Ek sê vir Liefie my sexy optometris sê my oe lyk vir haar baie waterig. Liefie sê dis 'n wonder dat sy nie ook gesê het jou mond water nie, maar miskien is dit 'n goeie ding want dis baie droog in Suid-Afrika. Ek reageer deur bloot baie streng deur my nuwe bril in Liefie se algemene rigting te kyk.
Ek vermoed Liefie is n soort Siener Van Rensburg. Ek het vanmiddag haar i-pad in die broodblik weggesteek.Sy loop reguit na my en vra "waar is my i-pad?" Ek weet van niks en sy sê "waar het jy dit weggesteek?". Ek sê sy kan rondloop en dan sal ek "warm" en "koud" sê amper soos om paaseiers te soek. Sy kry die i-pad omtrent dadelik sonder om te oorverhit.
Liefie en ek gaan gister na haar Tyger Vallei. Ek vergeet om my belt aan te sit en begin lyk al meer soos die laaities wat hulle boxter shorts afshow. Ek sê vir Liefie ek beter vir my n belt kry. Liefie sê niks. Ek besef sy het " 'n wag en kyk houding" begin inneem. Ek voel ligweg gevlei.
Ek vra vir Liefie of sy die muzzle om Mick Jagger se bek gesit het. Liefie sê ja en jy gaan nie vir my sê om dit af te haal nie. Ek wonder hoe sy geweet het wat ek wou sê , maar ek sê dit nie, want ek wil nie hê sy moet vir my ook een aansit nie. Netnou dink die mense ons is into S&M of so iets.
Liefie sê vir my jy praat die heeltyd nonsense. Ek sê vir Liefie nou wil jy hê ek moet oor die "black hole" teorie praat? Liefie sê nee ons hoef nie oor jou te praat nie. Ek is soos altyd die minste deur my mond te hou voor sy my naam verder gat maak voor die honde wat alles aangehoor het.
Ek sê vir Liefie in ons gesin se koerantkultuur sou ek die koerant elke oggend eerste kon lees behalwe wanneer sy dit eerste wil lees wat elke oggend is. Liefie se niks nie. Dis onheilspellend as sy so agter die koerant sit.
Ek sê vir Liefie ek twyfel soms of ek reg in my kop is.Liefie sê ek twyfel nie soms daaroor nie.
Ek sê vir Liefie die mense sal dink ek is 'n baie hoflike jong man (omdat ek aanmekaar uitspring om die Morris se linkerdeur wat nie van binne kan oopmaak nie vir haar oop te maak). Liefie sit terug soos the lady of Morris, en sê hulle sal dink jy is hoflik. Ek besef ek lyk nie presies soos Ryk Neethling nie.
Ek sê vir Liefie dis regtig baie swaar om 'n sex symbol te wees.Liefie sê as jy minder lekkers eet sal jou gewig verminder.
Ek se vir Liefie ek sal seker nou in die yskoue moet uitgaan om my kar in te trek want jy wil mos nie met die Morris ry nie. Liefie sê heeltemal korrek.
Ek sê vir Liefie Sondag is dit vadersdag. Ek wil vandag nog vaderskap-toetse op al 4 die kinders laat doen. Binnekort wil ek maintenance by hulle begin eis vir my aftrede, en ek wil nie dan met dispute oor vaderskap sit nie.Liefie sê is jy seker moederskap- toetse is nie ook nodig nie? Ek sê dit sal nie reg teenoor die kinders wees nie. En hulle sal in elk geval nie genoeg geld hê om vir jou ook te betaal nie.
Ek se vir Liefie ek gaan nie weer op fb vloek nie. Liefie sê ons sal maar sien, maar ek hoop nie dit bou dan weer te veel op nie. Ek dink fokkit. Die vroutjie ken my na 43 jr.
Ek sê vir Liefie ek dink ek is by tye bevoorreg met 'n besondere woordeskat. Liefie sê jy ken wel woorde wat meeste mense nie sal gebruik nie, maar dis nie altyd so skatlik nie. Ek hou van die altyd woordjie.
Ek sê vir Liefie ek dink ek moet maar ‘n sekuririteitswag huur om 'n wag voor my mond te kry, want my mond se lippe is net alewig te vinnig vir my brein se lobbe.Liefie sê vir my dalk moet jy Mossad of die ganse Israeliese weermag oorweeg. Hulle is skynbaar die mees effektiewe. Ek besef dit kan 'n internasionale insident veroorsaak, en wonder oor die strategiese wysheid van Liefiese voorstel.
Liefie sit en kyk die vroue-duik by die Olimpiese Spele op tv . Ek vermoed sy wag eintlik vir mans se speedo- parade, maar ek sê maar niks. Ek sê vir Liefie roep my asseblief as hulle met bikinis aan duik. Liefie sê ek het nog nie een wat 'n bikini aan het gesien nie. Ek sê dit is presies wat ek eintlik in gedagte het. Liefie druk die kanaal knoppie op die remote. Ek besef daar gaan geen duiksteresse in die oorgeskakelde kanaal swem nie, en bewaar maar my kortgeknipte gedagtetjie.
Die mooi lang jong dokter waarna ek nie vir Liefie kan saamneem nie want sy sal siek gooi sodra sy hom sien, wou my weer inboek vanmiddag vir so drie dae op drips om "sistemiese inflammasie" te behandel. Ek was nie so opgewonde oor die hospitaal toe ganery, toe settle ons vir n drip in sy spreekkamer, 2 hande vol drip in pil formaat, en inboek vir die naweek as ek nog nie teen Donderdag middag die winkelpoppe in die lingerie winkel in Tygervallei begin raaksien nie. Grab 'n drip sê ek altyd as ek soos n drip raak. En die water drip lekker daar buite.
Ek se vir Liefie as my ma bietjie simpatie of aandag gesoek het, het sy altyd gesê "die Here moet my nou maar kom haal", en net daarna het sy 'n grap vertel en gelag. Ek se ek kom agter ek doen dit deesdae ook. Liefie se jy vergeet jou ma het goeie en skoon grappe vertel, en versekerde akkomodasie aan die ander kant gehad. Ek besef sy dink ek is nie presies soos my ma nie.
Ek sê vir Liefie ek verlang na daai horlosies en radios met die wieletjies. Ek is nie juis 'n knoppie man nie. Liefie se jy druk dalk nou op die verkeerde knoppies. Ek sê ek wonder hoekom almal aan seks dink as ek in die rondte is. Liefie s sê dalk verstaan jy almal verkeerd.
Ek en Liefie kyk rugby. Liefie sê dis daardie een wat stout was. Hy gaan 'n geel kaart kry. Ek dink onwillekeurig hoe werk die geel kaart ding by netbal, maar ek spreek nie my gedagtetjie hardop uit nie. Liefie het hokkie gespeel en ek wil haar nie nba 40 jr jaloers maak nie
Die pilot sê daar is padwerke by Beaufort Wes. Ek sê vir liefie wat die hel het hy met die pad te make? Hy moet eerder fokus om hierdie aeroplane te vlieg en nie met paaie sukkel nie. En ek wonder of hy wel die olie gecheck het. En wat meer is, daai onbeskofte air hostess sal nice lyk as sy op n besemstok sou vlieg. Liefie sê ek weet jy is altyd gepanne in ‘n vliegtuig. Probeer net ‘n bietjie rustiger te raak, niks gaan gebeur nie. Dis veiliger as die paaie met al die dronbestuurders. Ek sê niks, maar ek dink by myself mens kan nooit heeltemal seker wees nie.
Ek sê vir Liefie die pilot klink nugter, maar die vliegtuig het sopas geruk, en dis kleiner as die paperjet waarmee ek Mnr Gonin in Worcester Boys’ High se skoolsaal raakgegooi het in 1967. Liefie sê was hy nie jou Latyn onderwyser nie.Ek spreek onderlangs ‘n paar Kaaps-Latynse woorde uit.Liefie sê ek saldit liewers nie hardop probeer vertaal nie.
Ek sê vir Liefie deesdae sing hulle nie meer vir my "mag die Here jou seën en nog baie jare spaar" nie. Hulle sing "mag die Here jou seën en tot die einde van hierdie jaar spaar". Liefie sê vir my ek moet seker maak of my polis se premies op datum is.
Liefie vra wat is fout, toe ek aan die hik gaan. Ek wil sê "dis my pilorisklep". Ek hik na die eerste lettergreep van die lang woord, en kan dit nie klaarmaak nie. Liefie kyk my net aan. Ek wonder of dit met bewondering of afkeuring is. Ek kyk nie of Liefie haar kop met afkeur skud nie, en aanvaar dit was bewondering.
Liefie en ek kyk saam tv nuus.Twee besonder sappige omroepsters lees die nuus. Ek stel belang in wêreld gebeure, en luister dus baie aandagtig. Ek besef dat Liefie my belangstelling in die nuus verkeerd sou kon verstaan.Ek sê vir Liefie ek sal nie toelaat dat hulle by my in die bed klim nie. Liefie sê ja, tensy hulle jou betaal. Ek dink by myself dat dit lekker sal wees om Liefie met 'n luukse toer romdom die wêreld te verras. Ek besluit om die verassingselement te behou, en nie dadelik sonder voorbereiding verdere detail van die finansiële haalbaarheid aan Liefie deur te gee nie.
Liefie wil nie vir my gaan sigarette koop nie. Lyk my sy steur haar nie aan die belofte wat sy voor die kansel gemaak het nie. Nou moet ekself in die koue uitgaan. Ek beskou dit in 'n baie ernstige lig. Mens kan net aanhou hoop sy sal die verkeerdheid van haar ingeslane weg insien en tot inkeer kom voordat my laaste sigaret opgerook is.
Ek sê vir Liefie jy moet asb nie doodgaan voor ek eendag aftree nie. Wie gaan my dan help om die kantoor se admin op datum te kry? Liefie lag .Ek besef sy lag nie met my nie, en weet daar is net twee moontlikhede. Óf sy gaan langer as ek skop en die polis kry, óf ek gaan alleen so erg sukkel dat my tweede kans my sal los. Ek wonder oor die wenslikheid van poligamie en voortydige indiens- opleiding deur Liefie. Ek besluit in eie belang om dit eerder nie te opper voor al die admin heeltemal op datum is nie.
Ek sê vir Liefie aangesien daar geen polis in my guns is nie sal ek seker maar een of ander tyd 'n ryk en dekadente vroutjie moet opline vir my tweede kansie. Liefie sê vir my aangesien jy heel waarskynlik nie 'n tweede kansie sal kry nie en daar wel 'n polis in my guns is, sal ek weer 'n bruingebrande surfer wat op die beach in Hawaii woon kan oorweeg tydens my eerste trippie nadat my polis uitbetaal het. Ek sê niks maar dink by myself, sy kom dan uit die Karoo.Van wanneer stel sy in surfing belang.
Liefie sê vir my jy moet asb nie die sigaret in in die tv kamer rook nie. Ek sê vir Liefie sy kan mos sien dis nie aangesteek nie. Liefie sê ja maar dit hang soos 'n ekstra ledemaat uit jou mond uit. Ek wonder wat sy bedoel met 'n ekstra ledemaat wat hang, maar besluit om nie dadelik besonderhede in te win nie.
Ek sê vir Liefie die "personality profile" toets op facebook sê ek is nie wild nie, en ek is absoluut wonderlik. Liefie sê dit moet so wees want facebook weet mos alles. Ek het 'n innerlike vertwyfeling of Liefie met alles saamstem, en wonder of sy bou aan my selfbeeld.
Liefie sit en kyk die vroue- duik by die Olimpiese Spele op tv . Ek vermoed sy wag eintlik vir mans se speedo- parade, maar ek sê maar niks. Ek sê vir Liefie roep my asb as hulle met bikinis aan duik. Liefie sê ek het nog nie een met 'n bikini aan gesien nie. Ek sê dit is presies wat ek eintlik in gedagte het. Liefie druk die kanaal knoppie op die remote. Ek besef daar gaan geen duiksteresse in die oorgeskakelde kanaal swem nie, en behou stilweg my kortgeknipte gedagtetjie.