Lirieke
- As Jy Staan Op Die Maan
- Babe Uit Die Karoo
- Bakke Vol Liefde
- Ballarina
- Blou Trane
- Boetie
- Die Meisie Van De Aar
- Droomtowenaar
- Giant Puzzle
- Hell's Angel
- Japie
- Justice
- Lank Lank Gelede
- Lipstick Club
- Marissa
- Melkweg Blues
- My Hond Fanie
- Neuk
- Rawsonville se Girls
- Siel Steel
- Straatkind
- Strate Van Die Kaap
- Tommie
- Windgat Kapenaar
- Worcester Kat
as jy staan op die maan
as jy staan ..op die maan… vat die liefde … jou saam
as jy-staan…. op die maan…as jy staaaan… op die maan
as jy hang… aan die son… kan die trane ….maar kom
as jy hang…. aan die son… as jy hangg-aan-die son
as jy swaai… aan ‘n ster, bly die hartseer daar ver
as jy swaai… aan ‘n ster, as jy swaai aan ‘n ster
met die reenboog ..se brug…gly die tyd vinnig terug
met die reenboog… se brug… met die reenboog …se brug
as jy staan… op die maan en jy swaai… aan ‘n ster
en jy hang.. aan die son.. langs die reenboog se brug
sal ons vlieg.. deur die lug.. tot ver van ‘n sug
sal ons vlieg.. deur die lug.. tot ver van ‘n sug
sal ons vlieg deur die lug tot ver van ‘n sug
sielsteel
daai daai daai daai… daai daai daai daai…
daai daai daai daai… daai daai daai daai…
ek wil jou siel steel…. ek wil jou siel streel
want jou siel…is sag...soos ‘n kussing
ek wil jou hart inpak…in my stukkende sak
want jou hart…is sag… soos n kombers
die nag…is lank en die nag is.. so koud
en twaalfuur kraak die donker.. maar vieruur...word dit lig
die nag…is lank en die nag is.. so koud
en twaalfuur kraak die donker.. maar vieruur….. word dit lig
ek wil jou siel steel…. ek wil jou siel streel
want jou siel…is sag...soos ‘n kussing
ek wil jou hand vashou … ek wil jou voete soen….
ek wil jou hare streel… in jou oe kyk
die nag…is lank en die nag is.. so koud
en twaalfuur kraak die donker.. maar vieruur.. word dit lig
die nag…is lank en die nag is.. so koud
en twaalfuur kraak die donker.. maar vieruur.. word dit lig
ek wil ‘n gedig vir jou skryf… ek wil ‘n lied vir jou maak,
ek wil die woorde vir jou lees…en die musiek vir jou sing
want die nag…bly lank en die nag bly.. so koud
en twaalfuur kraak die donker.. maar vieruur.. word dit lig
ja die nag…was lank en die nag was.. so koud
en twaalfuur was dit donker maar vieruur … vieruur weer- lig
daai daai daai daai… daai daai daai daai…
daai daai daai daai… daai daai daai daai…
daai daai daai daai… daai daai daai daai…daai
hell's angel
ek's 'n hell's angel op 'n vespa sport
ek's 'n hell's angel en ek ry deur die dorp
ek's 'n two stroke ducktail..ek's 'n two stroke ducktail
ring op my knuckle en my kop is gebuckle
hulle sê ek is gek maar ek hou my bek
want my snor is gedrop soos 'n mosselbaai rob
ek's 'n two stroke ducktail……ek's 'n two stroke ducktail
ek vat 'n running-start teen 'n skuins afdraand
my vespa knal dit is guy fawkes my pal
die meisiekinders gil ek is buffalo bill
ek's 'n two stroke ducktail……ek's 'n two stroke ducktail
ek's 'n hell's angel op 'n vespa sport
ek's 'n hell's angel en ek ry deur die dorp
ek's 'n two stroke ducktail……ek's 'n two stroke ducktail
ek weet ek is mooi, as ek my vespa looi
my spaarwiel is rond en ek spin op die grond
my vespa is blou… hier kom ek nou.. hier kom ek nou
ek's 'n two stroke ducktail……ek's 'n two stroke ducktail
ek's 'n hell's angel op 'n vespa sport
ek's 'n hell's angel en ek ry deur die dorp
ek's 'n two stroke ducktail……ek's 'n two stroke ducktail
ring op my knuckle en my kop is gebuckle
hulle sê ek is gek maar ek hou my bek
want my snor is gedrop soos 'n mosselbaai rob
ek's 'n two stroke ducktail… ek's 'n two stroke ducktail…
ek's 'n two stroke ducktail………..
ek's 'n two- stroke- ducktail…
rawsonville se girls
raw-son-ville se girls het groen oë
raw-son-ville se girls is mooi
rawsonville se girls se wange raak rooi
waarom … kan jy dalk raai
en raw-son-ville se girls is myne
en raw-son-ville se girls is nie joune
en rawson-ville se girls loop so swaai, swaai, swaai
met hierdie girls … kan die wind maar waai
maar raw-son-ville se girls kan sing
en raw-son-ville se girls kan dans
en … rawsonville se girls raak so maklik stout
met hierrie girls… ja met hierrie girlzzz… is daar nie fout
ja raw-son-ville se girls wil sing
en raw-son-ville se girls wil dans
en… rawsonville se girls loop so swaai… swaai… swaai
ja hierrie girls… is alte fraai
raw-son-ville se girls het bene
raw-son-ville se girls… o hene
n rawsonville se girls kry mos glad nie koud
aai aai aai aai..
hierdie girls … aai-aai..
hierdie girlzz… aai aai… is net te fraai
babe uit die karoo
het ‘n potplant….en ‘n hi fi
en ‘n babe…uit die-karoo
het ‘n woonstel.. op die stasie…
en ‘n beanbag…met foamalite-daarin
het ‘n babe wat lag… het ‘n babe wat smag
het ‘n babe.. wat lag… tot laat in die nag…
het ‘n babe… uit die karoo
het ‘n tafel… met ‘n stoel -daarby
en ‘n hond …van die s.p.c.a
het ‘n bakkie…met ‘n kappie daarop
en ’n poster… met herfsblare op
het ‘n babe wat lag …, het ‘n babe wat smag
het ‘n babe.. wat lag.. tot laat in die nag…
het ‘n babe… uit die karoo
ek wil dans… in die somer…
ek wil dans… voordat die blare op my val
ek wil dans… voor die winter op my breek
het ‘n potplant….en ‘n hi fi
en ‘n babe… uit die karoo
kom ons- dans… in die somer …
kom ons dans… voordat die blare val…
kom ons dans … voor die winter op ons breek
het ‘n babe wat lag.. het ‘n babe wat smag
het ‘n babe.. wat lag.. tot laat in die nag…
het ‘n babe… uit die karoo
melkweg blues
ek het gisteroggend vroeg…. vir my ‘n siel gaan soek
daar doer by die son…. en daarby dig by-die maan
daar ver… van my dorp… en daar na,,by die stad
maar die siele was op…die voorraad was-gedaan
ek kon daai order glad nie kry
het toe sonder siel… na die aarde geloer
van daar doer by die- son… en daar digby die maan
van daar ver van my dorp… en daar naby die stad
en die aarde was plat…en die aarde was- sat…
die plek was afgemat
my voete gevat… en die melkweg gestap
stamp my toon teen ‘n stêr… en die vonke val vêr
en die reën het gehang en die bliksems het gesak
en die rivier was vol...en die water was koud…
en die geysers bly af
het dertig jaar- later… by my dorpsdam uitgespoel
en my bek was blou… en my lyf was flou
het ‘n tak.. vasgegryp.. onder die son gaan slaap
op die dam se rand…op die warm sand …
op my dorp se strand
het gedroom dat ek weer.. ‘n siel kan koop
het gedroom.. die dagbreek..kafee maak weer oop
het gedroom jy kan weer daai star-lekkers koop
daar in my dorp….in riebeeckstraat…
en die aarde raak weer rond…
ja in my dorp………
en die aarde raak weer rond
blou trane
trane…blou trane…op sy wange…
en op sy voorkop…was daar ‘n fietsie…getatoe…
en op sy arm…was daar ’n hartjie………..
met’n pyl deurboor
en daar staan geskrywe…i love you mummy
trane het op die vrygronde by muizenberg..gewoon
agter ‘n duin…het hy geskuil
bloed op sy hand…. bloed in die sand
bloed is rooi… maar trane bly blou
trane….blou trane….op sy wange…
en op sy voorkop….was daar ‘n fietsie..getatoe..
en op sy arm…was daar ’n hartjie………..
met’n pyl deurboor
en daar staan-geskrywe…i love you mummy
trane het in simontad..voor landdros kapp.. verskyn
kappie het gese…. trane… sê jou sê
en trane het gevra… ‘n buitestraf my bra
en kappie het gesê…….. trane ..sê ..nog ..‘n ..sê…….
en trane het gevra…. nog ‘n kans my bra
trane…blou trane…
trane…blou trane…trane
bakke vol liefde
bakke vol liefde…… bakke vol liefde
borde met drukkies… en glase met soene….
en woorde op mure en hartjies in boombas
en name op klippe en kaste vol briefies..en bakke vol liefde
het gistermiddag laat op die n1 gaan ry
by malmesbury se brug kom ‘n lorrie van links
hy druk my van die pad en op sy bak staan geskrywe
how is my driving…. how is my driving
bakke vol liefde…… bakke vol liefde
borde met drukkies… en glase met soene….
en woorde op mure en.. hartjies in boombas
en name op klippe en.. kaste vol briefies.. en bakke vol liefde
het laat gistermiddag weer teruggery
by parow se brug kom ‘n platvark van regs
die driver gooi ‘n sign en op sy bak staan geskrywe
don’t talk to me… talk to my lawyer….. talk to my lawyer
later gisteraand by die kwikspar gestop
‘n bergie op die stoep, met’n genuine smile
die bergie praat met my, en dit is wat hy sê
love your brother… love your sister..love the children…
love one another
bakke vol liefde…… bakke vol liefde
borde met drukkies, en glase met soene….
en woorde op mure en hartjies in boombas
en name op klippe en kaste vol briefies….
en bakke vol liefde ….. en bakke vol liefde …..
en bakke vol liefde
windgat kapenaar (nuwe version)
is 'n dood gewone ou op 'n dorpie gewoon
my klere was skoon en my klere was heel
my hart was nog rein…. het gery met die trein
my hond was kwaai, maar sy stert het geswaai
en toe… ja toe… word ek… 'n windgat… kapenaar
was mooi uitgevat en my speedo was swart
en my maag was gespier … op die boere-manier
clifton was oraait , sou wou traai vir ‘n site
maar die man van die bank wil-nie ophou om te tjank
want hy..verstaan nie .. ek is mos ..’n windgat kapenaar
ek koop toe maar ‘n huis …. dit is ver van plattekloof
die pawnshop by die stasie gooi ‘n splinternuwe stoof
die refund van discovery koop ‘n plasma screen
midnight fashion tv kan jy duidelik sien
en ek … ja ek….bly maar… ‘n windgat … kapenaar
en nou staan ons hier, en ons speel in die boere
en soos- die res van die land is ons dalk - in-ons moere.
maar dit maak nie baie saak nie, want my hond vat n kans
as hy ‘n poedeltjie sien wil hy dans spaans
want hy …ja hy …is ook ….’n windgat… kapenaar
windgat…windgat windgat .. windgat
windgat windgat kapenaars
en nou staan ons hier, en ons speel in die boere
en soos- die res van die land is ons dalk - in-ons moere
maar dit maak nie baie saak nie, want my hondvat ‘n kans
as hy ‘n franse poedel sien wil hy dans op spaans
want hy …ja hy …is ook ….’n windgat… kapenaar
windgat…windgat… windgat .. windgat
windgat… windgat kapenaar
windgat…windgat windgat .. windgat
windgat… windgat kapenaar
windgat…windgat windgat .. windgat
windgat… windgat kapenaar
windgat…windgat windgat .. windgat
windgat… windgat kapenaar
die meisie van de aar
die spoorlyn op de aar moet die vrede hier bewaar
want die mense van de aar maak liefde met mekaar
ja dis waar… ja dis waar… daar's liefde…
op de aar… aar… aar
op 'n plaas by de aar het 'n landbankboer geboer
met blinkgewaste dodge sy skapie vet gevoer
ja dis waar… ja dis waar… van die liefde…
op de aar… aar… aar
aan die oorkant van die spoor was 'n meisie mooi en maer
deur die duikweg droom die boer
in die swartnag deur na haar
ja dis waar… ja dis waar…
van die meisie… op de aar
ja dis waar… ja dis waar… van die meisie… mooi en maer
ja die duikweg op de aar vat die mense na-mekaar
en die bo dorp lê onder… en die onderdorp lê bo
ja dis waar..ja dis waar..van die droomweg..op de aar..aar..aar
en die meisie… vra vir water… maar die stof waai net verby
is dit waar… is dit waar… van die drome op de aar?
ja die meisie smag na liefde… maar die windpomp bly net kraak
is dit waar… is dit waar… van die windpomp van de aar?
ja die spoorlyn op de aar hou geen mens hier-uitmekaar
want die mense van de aar droom drome met mekaar
ja dis waar.. ja dis waar.. van die drome.. op de aar… aar… aar
en die meisie… vra vir water… maar die stof waai net verby
is dit waar… is dit waar… van die drome op de aar?
ja die meisie droom van liefde… en dat die reen- daar buite val
is dit waar… is dit waar… van die strome op de aar?
japie
japie het onder in die onderdorp gewoon
jaap was ‘n man en ‘n man het sy eer
japie was nie ‘n yuppie nie japie was nie skelm nie
japie… was ‘n hoennerdief
die lammer het vir japie soos ‘n hoenner gelyk
japie het die skapie om sy nek gegryp
die skaap het geblêr, jy kon dit hoor van vêr
en skielik…. was die skapie baie stil
japie was nie ‘n yuppie nie japie was nie skelm nie…
japie… was ‘n hoennerdief
later die dag het jaap in die hof verskyn
jaap het gepleit dit was ‘n groot mistyk
en jaap het gesweer…. op my word van eer
die skapie…. het soos ‘n hoenner gelyk
japie was nie ‘n yuppie nie japie was nie skelm nie
japie… was ‘n hoennerdief
‘n hoennerdief…
baie jare later het jaap weer uitgekom
jaap was maer want die tyd was swaar
en jaap het bly sweer, op my woord van eer
die skapie het soos ‘n hoenner gelyk…
ja japie was nie ‘n yuppie nie japie was nie skelm nie
japie…. was ‘n hoennerdief
japie het onder in die onderdorp gewoon
japie was ‘n man en ‘n man het sy eer
ja japie was nie ‘n yuppie nie japie was nie skelm nie
japie…. was ‘n hoennerdief
ja japie was nie ‘n yuppie nie japie was nie skelm nie
japie…. was ‘n hoennerdief
ja japie was nie ‘n yuppie nie japie was nie skelm nie
japie…. was net ‘n hoennerdief
net ' n hoennerdief !
lank lank gelede
dit was lank…. lank….. gelede….
dit was lank..lank..gelede.. dit was lank..lank..gelede
alles het lank lank gelede.. begin..lank gelede
dit was voordat sneeuwitjie en die dwergies mekaar gesoen het
dit was op ‘n vrydag
dit was voordat rooikappie en die wolf…. mekaar gegryp het…
in die knysna-bosse………lank gelede
en die skim was nog nie gebore nie
en ryk kolwer was ‘n wille private eye
en tarzan het nog gym toe gegaan
lank gelede, lank gelede…… lank gelede
dit was lank…lank…. gelede… dit was lank… lank ….gelede
alles het lank lank gelede…
begin……………lank gelede
dit was voordat hans vir grietjie in die drive-in vasgedruk het
dit was in die skye view
dit was voordat jack en jill teen die sandduin… afgerol het
dit was op vleesbaai… …………lank gelede…
en tinkerbell was ‘n naaldekoker
en jan van riebeeck het sy boontjierank geplant
en vasco da gama was ‘n windsurfer
en wolraad woltemade was ‘n life saver
lank gelede, lank gelede…………… lank gelede
en toe staan dit al daar vir so tienmiljoen jaar
verlief op mekaar vir nog tien miljoen jaar
lank gelede, lank gelede…………….lank gelede
en toe staan dit al daar vir so tienmiljoen jaar
verlief op mekaar vir nog tien miljoen jaar
lank gelede, lank gelede…………….lank gelede
ja toe staan dit al daar vir so tienmiljoen jaar
verlief op mekaar vir nog tien miljoen jaar
lank gelede, lank gelede……………lank gelede
lied van saldanha
saldanha…is pragtig… die weskus is mooi
langebaan… so lieflik… die aandlig is rooi
blomme… met kleure…heerlike geure
groen-bloue waterdie hemel is nader
grasieuse flaminke…duikers rinkink
sterre… wat flonker…… in die blou-helder donker
daar is oë… wat groen is…en daar is oë..wat blou is
daar is mense… wat lag…… onder die lewe se vrag
skielik is daar kommer…… die weskus word bedonner
blou-lug… word bestook…… met geel… swawel- rook
vir saldanha se staal………… moet ons almal betaal
staal….koue- vuur…………in die rug van die natuur
the world is a garden…the sea…………is a pond
i’m sure you’ll agree… cause it is there to see
but who.. put this trash-bin.. next to our pond???
what is the reason for all this high treason???
hierdie storie is naar…. maar die storie is waar
soos wat die staalstad daar groei…
gaan die strandmeer doodbloei…
maar die storie is dalk nie so swaar nie
die storie is dalk nie so waar nie
Want die blomme se geure is weer orals te bespeure
Saldabha bly poragtig..die Weskus bly mooi
Langfebaan so lieflik..die aandlug is rooi…
neuk
die wêreld is…’n-miljoen-jaar oud, of is dit… dalk-al drie?
en ons twee gaan nog veertig jaar maak, of is dit dalk net vier?
so kom ons.. neuk-die-wêreld-op, so kom.. ons neuk dit op
en daar’s niemand wat vir ons gaan stop, so kom ons neuk dit op
die wêreld draai in-die-rondte-om, of is-dit-dalk-heeltemal plat?
en ons twee.. loop op voete rond, en ons staan.. op hierdie grond
so kom ons… neuk die wêreld op, so kom ons… neuk dit op
en daar is niemand wat vir ons-gaan-stop, so kom ons neuk dit op
die lug is blou en oneindig hoog, en die reënboog is vol-van-kleur
en ek en jy.. is mos ses-voet-lank, of is dit.. dalk net vyf?
so kom ons neuk die wêreld op, so kom ons.. neuk dit op
en daar is niemand.. wat.. vir ons gaan stop, so kom ons neuk dit op
ja kom-ons.. neuk die wêreld op, ja kom-ons.. neuk dit op
en daar is niemand.. wat vir ons gaan stop, so kom ons…. pas-dit-op
droomtowenaar
waar ons… nou gaan… het alles 'n kleur
en die wêreld draai om… om die sonlig te soen
en miskien… kan jy saam.. met my soontoe gaan
en miskien.. sal jy sien.. ek's 'n droomtowenaar
en miskien … sal jy sien … mh ..ek's 'n droom…towenaar
waar ons nou gaan.. hang die aandlug tot laat
en die sterre en die maan.. dryf in die water se gloed
en miskien.. kan jy saam..met my soontoe gaan
en miskien.. sal jy sien.. ek's 'n droomtowenaar
en miskien … sal jy sien …mh .. ek's 'n droom … towenaar
en die son ..sak stadig.. en die lug is blou
en die water is koel.. in die berg se poel
en miskien.. kan jy saam.. met my soontoe gaan
en miskien.. sal jy sien, ek's 'n droomtowenaar
en miskien … sal jy sien mh … ek's 'n droom …towenaar
kom saam met my saam… dis nie ver om te gaan
in die bloudonkernag… is die briesie so sag
ja kom saam met my saam… dis nie ver om te gaan
en miskien sal ons saam… daar 'n droom kan sien
en miskien … sal ons saam …mh.. in 'n droom …daar woon
ja miskien … sal ons- saam… mh…in 'n droom …daar woon
giant puzzle
die ou lewe..is ‘n puzzle..giant puzzle…..mhm.. net ‘n puzzle
die ou lewe..bly ‘n puzzle..giant puzzle..mhm..net ‘n puzzle
dan’s dit oorlog …dan weer vrede…
dan’s dit winter…en dan weer somer…
wat is tyd…..en wat is ewigheid…?
wat is anderkant…ander kant?
wat is duskant....hierdie-kant?
is my pa nog daar…is my ma nog daar…?
is my sussies daar…is my hond dalk daar?
die ou lewe..bly ‘n puzzle..giant puzzle..mhm..net ‘n puzzle
al wat ek weet ..is dat ek nie weet nie
al wat ek verstaan…is dat ek nie verstaan nie
maar ek weet darem …ja ek weet darem
ek is ‘n ou stukkie….van die puzzle …..krom en skeef
maar ek’s ‘n perfect fit..ek’s ‘n perfect fit
vir my stukkie… van die puzzle
en jy’s ‘n perfect fit, jy’s ‘n perfect fit
vir jou stukkie…. van die puzzle
die beautiful… giant puzzle
die ou lewe..bly ‘n puzzle..‘n giant puzzle..mhm...net ‘n puzzle
appels
geld wat stom is maak reguit wat krom is
die gees is gewillig maar die vlees is swak
hoe kaler jonker hoe groter word die pronker
en adam se dis eva… en eva…..eva… blame die slang
groter word die pronker… groter word die pronker
daar’s ‘n doring in die vlees en die kalf is in die put
die vere maak die voel daar’s ‘n slang in die gras
pak die bul by die horing want die mense word ge-koring
en adam se dis eva… en eva…..eva… blame die slang
groter word die pronker..groter.. groter..word die pronker
lekker is net ‘n vinger lank
die hand word in eie boesem gesteek
waar die mond van vol is loop die hart van oor
en adam se dis eva,…. en eva…eva…. blame die slang
groter word die pronker..groter..groter.. groter word die pronker
en adam se dis eva… en eva..eva… blame die slang
groter word die pronker..groter..groter..groter..word die pronker
die appel val nie ver van die boom af nie
die wyn in die man is die wysheid in die kan
maar elke donker wolkie het ‘n silwer rantjie
en adam se dis eva… en eva…..eva… blame die slang
groter word die pronker …groter word die pronker
groter word die pronker.. groter… groter.. word die pronker
groter word die pronker groter…groter... groter word die pronker
groter word die pronker groter…groter groter groter
groter……word die pronker
marissa
marissa… se oë is… groen water wat blink
haar hande… voel sag… en is klein
marissa… se vel… is soos maanlig-wat-skyn
ons drink-saam… fluweel…sagte-wyn
marissa.. se oë… is nou sterre-wat- wink
haar lippe… granaat… rooi-gegeur
marissa… se mond… is nou liefde-wat-soek
ons drink-saam… fluweel…sagte-wyn
marissa… se- oë… word 'n smeulende-vonk
my hart… word 'n polsende… stroom
marissa… se wese… wil- kartel- en- kolk
ons drink- saam… fluweel…sagte-wyn
marissa se oë word 'n groen-waterpoel
en die son skitter diep-rooi en vol …am
marissa, marissa, marissa…marissa
ons drink-saam… fluweel…sagte wyn…
ons drink-saam.. fluweel…sagte-wyn
justice
justice is miskien net 'n man se naam
want vir justice moet almal dan rome toe gaan
en die kaartjies is duur
ja justice is miskien net 'n man se naam
want vir justice moet almal dan rome toe gaan
en die kaartjies is duur
die manne in swart se dasse bly wit
en elke oggend vroeg word die beurs geskud
as jy kan betaal sal die show vir jou start
maar as jy nie kan, sal ons weer moet praat
en as justice hier was, dan was harry my pa
maar harry stem nie saam, hy sê dis nie
en die kaartjies is duur
en as justice hier was, dan was harry my pa
maar harry stem nie saam, hy sê dit nie waar
en die kaartjies is duur
die manne in swart se dasse bly wit
en elke oggend vroeg word die beurs geskud
as jy kan betaal sal die show vir jou start
maar as jy nie kan, sal ons weer moet praat
justice word oorweeg in 'n donker steeg
bloed word gelaat, dis rooi in die straat
en justice… was net 'n man… se naam
justice word oorweeg in 'n donker steeg
bloed word gelaat, dis rooi in die straat
en justice… was net 'n man… se …. naam
straatkind
loopstraat is 'n wegloopstraat, dis 'n blinkstraat, dit is sy straat
maar die koue brand diep in sy murg
groenpunt is 'n nuwe punt, dis 'n ryk punt dit is sy punt
maar die koue brand steeds in sy murg
straatkind is almal-se-kind, hy is my kind hy is jou kind
maar die koue brand diep in sy murg
papier wat brand is sy kaggelvuur, strand se kant, see se kant
maar die koue brand diep in sy murg
straatkind is almal-se-kind, hy is my kind hy is jou kind
maar die koue brand diep in sy murg
waar is jy, maar waar is ek, hou ons bek, die wêreld is gek
want die koue brand diep in ons oë
waar is jy, maar waar is ek, hou ons bek, die wêreld is gek
want die koue brand diep in ons oë
want die koue brand diep in ons oë
ja die koue brand ook diep in my oë
my hond fanie
my hond fanie is vaal, my hond fanie is maer
maar my ou fanie is 'n pragtige dier
ja sy blaf.. dit duur… net 'n uur
ou fanie se bruin oe kan lag
ou fanie se swart neus is sag
ja my ou fanie is 'n lieflike dier
ja sy blaf … dit duur … net 'n uur
maar buurvrou se mond trek toe suur
en die vet val toe ver in die vuur
ja toe ons net na haar en haar poedeltjie loer
om saam saam te droom, van 'n bietjie plesier
buurman gaan kla by die council
en vir ons wou hy … afransel
maar ek en ou fanie pleit op rede onskuldig
en ons kom toe opdreef, en se daars meer as een teef
hierna was buurman erg kwaad
met ons word daar glad nie gepraat
toe ons loer oor die muur word ons aangegluur
en dinge word toe al te rof
toe ek by diehuis kom le ou fanie stil
sy bruin oe sagter as ooit
ja my ou fanie was 'n lieflike dier
maar sy blaf is nou stil uur na uur (koekies en tee in die kerksaal)
my ou fanie was vaal … my ou fanie was maer
ja my ou fanie was 'n lieflike dier …
sy blaf dit was net 'n uur
my ou fanie was vaal … my ou fanie was maer
ja my ou fanie was 'n lieflike dier …
sy blaf dit was net 'n uur
sy blaf dit was net 'n uur
sy blaf dit was net 'n uur
ian
toe ian my bel was dit vroeg in my dag
en my son het geskyn tot laat in die nag
ons praat toe oor dit en ons praat toe oor dat
en ons praat ook oor dit was aan ligjare vat …
hy vertel van sanet, en hy praat van haar lag,
en ons praat van die lewe en hoe om te swewe…
en ons se weersiens en ons se weersiens
en toe ian weer bel was dit laat in my nag
en ek het gesak tot diep in 'n skag
ons praat toe oor dit en ons praat toe oor dat
en hy laat my praat oor my eie vrag…
ek vertel van die swart, hier diep in my hart,
en ek praat van skemer en die mis op die pad…
en ons se weersiens en ons se weersiens
ons het gepraat in die oggend en gepraat in die aand,
in snikhete somer en ook in herfs
en toe my voete wou glip, en toe ek wou val,
het 'n telefoonstem my sag opgetel…
ons het gepraat oor sy kinders gepraat oor my vrou
en gepraat oor die hede asook die verlede…
en ons se weersiens en ons se weersiens
maar toe ian weer bel was sy stem lig gekwel
en die drade het gebewe daar ver van die hel…
my vriend was gediend om net te vertel
dat hy my wou nooi na sy laaste groen sooi…
ons praat weer oor dit en ons praat weer oor dat
en ons praat weer oor dit waaraan ligjare vat…
en toe… se ons totsiens
en toe… se ons totsiens
en toe se ons totsiens totsiens totsiens totsiens
tommie
toe die hollander sterf was ons in die grond
want die man… was dan hoog… in die broederbond
en die manne… van die bond… praat alles… toe nog reg
demitri… het die trane op die mat laat vloei
maar in die kaap het die griek met 'n wurm bly stoei
en die manne… in tel… sê alles… is nog reg
sirenes het geloei en die boere is verfoei
saracens het gedreun en die mense het gekreun
maar die manne van die pers skryf alles… toe nog reg
en poqo het die bloed in die strate laat vloei
en in die paarl het die mense met pangas gestoei
maar die skole… wat leer… leer alles… is nog reg
en tommie het toe diep in angola gesterf
en sy pa het daarna nooit weer ophou huil
maar die kerk… ja die kerk… preek alles… is nog reg
en toe ons weer kyk was sy pa… nie meer daar
en die manne in die bond het dit glad nie gewaar
maar ons… ja ons… sing alles… is nog reg
en in adderleystraat het ons vir freedom gaan march
maar toe freedom kom het ons ophou raas
want die tyd… ja die tyd… vat ons freedom… weer weg…
strate van die kaap
ek het een-keer in die laatnag in kaapstad gery
en my ligte het skerp deur die nat-mis gesny
ek het gesien vir 'n oomblik het ek geweet
daar's 'n man van die winkel ook saam op die pad
daar's 'n man van die winkel ook saam op die pad
in die yskoue winter in die donkere stad
in die yskoue winter in die donkere stad
die trollie was hoog-vol koerante gepak
en die man het verbete.. teen die opdraand gestap
ek het geweet vir 'n oomblik, vir 'n oomblik het ek geweet
daar's 'n man van die winkel ook saam op die pad
daar's 'n man van die winkel ook saam op die pad
in die yskoue winter in die donkere stad
in die yskoue winter in die donkere stad
sy oë het diep… uit die donker gekyk
en daar was iets.. in die trollie… of so het dit gelyk
ek het geweet vir 'n oomblik vir 'n oomblik het ek geweet
daar's 'n kind in die bondel ook saam op die pad
daar's 'n kind in die bondel ook saam op die pad
in die yskoue winter in die donkere stad
in die yskoue winter in die donkere stad
en voor ek my kon kry… het ek verby hulle gery
maar in die spiel… het die rooi lig… hulle ampter verhit
ek het gesien vir 'n oomblik… vir 'n oomblik het ek geweet
in die spieel… het die rooilig hulle amper verhit
in die spieel… het die rooilig hulle amper verhit
in die yskoue winter in die donkere stad
in die yskoue winter in die donkere stad
en het geweet… vir 'n oomblik, vir 'n oomblik het ek geweet,
ja ek sal die man… en die kind… nooit weet kan kry
in die yskoue winter in die donkere stad
in die yskoue winter in die donkere stad
lipstick club
by beaufort-wes in die vale karoo
is daar 'n lipstick club… daar langes die pad
ja 'n lipstick club, die lipstick club, by beaufort-wes
hier langes die pad
en as ek daar ry dan vra ek vir my
wat hulle doen… en of hulle soen
of word daar gejive, en word daar gerave,
en word daar gesing en gedans met 'n lyf
en word daar lawaai en 'n bietjie nja-nja
en word daar rinkink en 'n glasie geskink
by die lipstick club, die lipstick club, by beaufort-wes
hier langes die pad
en as ek daar ry in die vale karoo
dan dink en aan haar… aan brigitte daarbo
haar lippe was mooi, 'n vaal-pienk rooi,
'n kleur hier gemeng, diep in die karoo
ja haar lippe was mooi, 'n vaal-pienk rooi,
'n kleur hier gemeng, diep in die karoo
en dan weet ek so goed, sy was hier gewees
by die lipstick club… hier langes die pad
dalk nie so mooi, dalk neergegooi
maar in haar hart brigitte daarbo
ja hier geskuil en hier gehuil en in haar hart brigitte daarbo
en hier gelag, en hier gesmag, laat in die nag, brigitte daarbo
by die lipstick club, die lipstick club, by beaufort-wes
hier langes die pad
by die lipstick club, die lipstick club, by beaufort-wes
hier langes die pad
ballarina
hy's 'n langarm ballarina en hy kom van albertina
en daar's hare op sy tande
en daar's piesangs, piesangs aan sy hande –
aan-sy-hande-aan-sy-hande-aan-sy-hande
piesangs… piesangs… aan sy hande
en hy drink sy kan virginia, en hy luister konsertina
en hulle gooi die sakke meel en die musiek beginne speel
langarm, langarm ballarina… ballarina
langarm, langarm…
ballarina-ballarina-ballarina-ballarina
en hy dans nou op sy tone, en hy dans so fyn en fraai
en hy sleep haar soos 'n lappop.. todat haar oë omdop
en hy gryp haar in 'n kopklem.. en hy gooi-'n-wille-draai
en hy laat haar kniekies knak.. totdat daar tande klap
langarm, langarm ballarina… ballarina
langarm, langarm
ballerina… ballerina-ballarina-ballarina
en hy dans nou in die donker en hy dans so lekker stout
en hy dans nou skielik s-t-a-d-i-g,
binne… inne….
die binneboud,die binneboud,die binneboud, die binneboud
binne… inne….
die binneboud,die binneboud,die binneboud, die binneboud
hy's 'n langarm ballarina… en hy kom van albertina
en daar's hare op sy tande
en daar's piesangs, piesangs
aan-sy-hande, aan-sy-hande, aan-sy-hande, aan-sy hande
piesangs… piesangs…
aan-sy-hande, aan-sy-hande, aan-sy-hande, aan-sy hande
piesangs, piesangs
aan-sy-hande, aan-sy-hande, aan-sy-hande, aan-sy hande
piesangs… piesangs… aan sy hande!
boetie
my naam is piet de lange my voornaam was sersant u edele
op die bloupak was ek baie trots, met rooimoord het ons gebots (ek sweer)
maar by die huis maar by die huis was ek boetie …was ek boetie
ek kom van swellendam af, daar duskant riversdal en mosselbaai
my ma is alte lief vir my, my pa wou spog oor my so waar
maar by die huis maar by die huis was ek boetie …was ek boetie
my land het stuk-stuk opgebreek die skuld op my gewreek
ek werk van soggens vroegdag af, ek werk tot sawens laat
en by die huis … en by die huis,… is ek boetie… is ek boetie
my bloupet is viraltyd weg, 'n laphoed sit maar sleg u edele
more sal dit beter gaan, want vandag is reeds verby
en by die huis… en by die huis… is ek boetie… is ek boetie
die waarheid het twee kante die leun het growwe rante
more sal dit beter gaan, want vandag is reeds verby
en by die huis… en by die huis… is ek boetie… is ek boetie
die waarheid het twee kante die leun het growwe rante
more sal dit beter gaan, want vandag is reeds verby
en by die huis… en by die huis… is ek boetie… is ek boetie
en by die huis… en by die huis… is ek boetie
en by die huis… en by die huis… is ek boetie… is ek boetie
en by die huis… en by die huis… is ek boet-tie
worcester kat
sy's 'n weskus mossel, sy's 'n lm prawn
sy's 'n perlemoen en ek wil haar net soen
sy's 'n knaaiskna oester, maar sy woon in worcester
sy wil aan my vat sy's 'n worcester kat
wat gaan gebeur? … my rev's slaan deur
gooi in overdrive sy wil met my jive
wat is die fout, ek voel so benoud,
gooi die worcester sous, gooi die worcester sous…
sy's 'n worcester kat, en sy sit my in rat
en sy gooi my tweede, sy weier my rede
en sy double my clutch, en sy sit my in derde
sy gooi my in vierde en sy sit my in vyfde
wat gaan gebeur? … my rev's slaan deur
druk in overdrive sy wil met my jive
my asem raak op, sy het my geskop
gooi die worcester sous, gooi die worcester sous…
haar oë is blou en sy maak my flou
haar bene is slank en haar bene is lank
en ek briek in die draai sy wil alles traai
wat gaan ek doen as-sy-my-wil-soen
wat gaan gebeur? …my rev's slaan deur
gooi in overdrive sy gaan met my jive
trek die handbriek op, sy staan op haar kop
gooi die worcester sous, gooi die worcester sous
sy's 'n koningklip en sy hap aan mylip
sys die springety en sy het my gekry
sy's 'n knaaiskna oester maar sy bly in worcester
sy's 'n vet galjoen en sy het my gesoen
wat het gebeur, ek kon haar nie keer
sy's 'n jellievis, en sy maak my so lus
sy's 'n mak makriel… sys 'n mak makriel
ja 'n mak makriel en sy's weg met my… siel
windgat kapenaar (ou version)
is 'n dood gewone ou op 'n dorpie gewoon
my klere was skoon en my klere was heel
my hart was nog rein het gery met die trein
en my hond was kwaai maar sy stert het geswaai
maar toe… ja toe… word ek… 'n windgat… kapenaar
en nou woon ek hier in tamboerskloof
en ek kyk glad af na plattekloof
my matte raak rooi en my matte raak duur
ek is nou 'n man van die kuns en kultuur..
en nou… ja nou… is ek… 'n windgat… kapenaar
maar waar is my lag ja waar is my lag
en in ons familie… is lanklaas gekielie
windgat… kapenaar… hartseer… kapenaar
welgemoed is goed en sonder roet
by durbanville is dit lekker stil
is 'n man wat geld in my oë 'n held
het die prys opgeja in constantia
en nou… ja nou… is ek… 'n windgat… kapenaar
by kelvin se groef het ek almal getroef,
ek ruik aan my wyn en ek meng nie met skuim
my kinders praat frans, en my hond is hans,
sy lyf is los smaak hy dans op spaans…
en nou… ja nou… is ek… 'n loslyf… kapenaar
maar waar is my lag ja waar is my lag
en in ons familie… is lanklaas gekielie
windgat… kapenaar… loslyf… kapenaar
clifton is oraait maar ek kry nie 'n site,
by bishopscourt is daar ook van my soort
my speedo is swart en my speedo raak hard,
my maag is gespier op die boere-manier
en nou… ja nou… is ek… 'n windgat… kapenaar
maar waar is my lag ja waar is my lag
en waar is dit warm, want hier word dit koud
en daar's iets wat my hinder… en daar's iets wat my knou
ek loop in die donker, en niks wil meer flonker
windgat… windgat… hartseer… windgat
kaalgat… windgat… windgat… geldgat… kaalgat…
hartseer… hartseer… kapenaar