Sy Storie

 

Al’astair is lank, lank gelede op De Aar gebore. En oor die jare het iets van die Karoo se brakwater vir altyd in sy are agtergebly…

Toe hy so sewe jaar oud was het sy gesin die lang pad gevat na die Boland toe, in ‘n bruin 1947 Hudson Hornet. Hulle het op Worcester gaan woon.

...dit was amper net so 'n Hudson Hornet
...dit was amper net so 'n Hudson Hornet

Na die vaal Karoo is Al' astair voluit getref deur die kleure van die Bolandse berge en wingerde, en 'n mengelmoes van kulture: Afrikaanse mense, Engelssprekendes, Franse, Jode, Portugese en Italianers - almal saam. Hy het probeer om rugby te speel en aan atletiek deelgeneem. Hy het egter ook klassieke klavierlesse geneem, ‘n lid van die skoolkoor geword, en later ook jazz-klavierlesse geneem. En op op 11 jarige ouderdom het hy sy eerste kort gedigggie geskryf.Later peroxide hy sy hare groen-wit tydens ‘n skoolvakansie, tot onsteltenis van onderwysers. Maar dalk was dit ‘n blote voorspel …

Sy skooldae was in die sixties, en 'n buitengewoon interessante tyd in die Bolandse dorp. In die buite-wêreld was dit die Beatles, die Rolling Stones en Bob Dylan, met stove-pipe broeke en Chelsea boots, en James Bond movies. In die dorp was daar weer Budgie en die Swinging Jets wat Saterdagmiddae in die 20th Century-bioskoop gespeel het, en 'n ander rock-band, die Off-beats, wat ook groot hoogtes bereik het. Naweke was dit twist sessions en close dancing. ‘n Hoogtepunt was was toe 'n jong David Kramer die hele skool “op ‘n amazing trip gevat” het met ‘n debuut vertoning in die skoolsaal

...Al' in 'n sportiewe nommertjie van destyds
...Al' in 'n sportiewe nommertjie van destyds

Al' is na skool opgeroep vir militêre diensplig. Hy en die S.A Weermag het “nie so goed klaargekom nie want die offisiere kon glad nie verstaan dat ek my geweer in die sand by die skietbaan kon verloor nie.” Gelukkig was hy nooit deel van enige regte oorlog nie "want dit sou nie so lekker vir my gewerk het nie." Tydens universities-studies na skool werk hy ook ‘n koerantverslaggewer by Die Burger, as arbeider in Sasolburg, en as assistant tot 'n lorrie-drywer op die Spoorweë.

In die vroee sewentigs het hy en “my buddie Pieter Raubenheimer” ‘n serenade duo gevorm en dikwels snags ”vir die girls gesing todat ons weggejaag word.” Tydens ‘n klassieke sangfees “gatecrash” hulle die vertoning vermom met Skotse rokkies, vals baarde en vals snorre, en ontlok tot hulle verbasing hulle ‘n encore uit die gekultiveerde gehoor.

In sy tweede-laaste jaar van studies raak hy "vir ewig verlief" op sy Babe uit die Karoo.

...Al' en sy lewenlange girlfriend
...Al' en sy lewenlange girlfriend
Hy en sy woon nou al langer as die lewe in dieselfde huis in 'n middelklas area. Buite staan daar 'n erg mankolieke ossewa onder ‘n boom, waarvan "die agterwiele pap geword het". Hy hou ook 'n paar motorwrakke uit die 60's en ouer aan,

In 1995 het hy ‘n prominente rol vervul in ‘n omgewingstryd rondom ‘n staalfabriek by Saldanha. Dit het internasionale opspraak verwek, en op tv-nuus is verwys na “n stryd tussen Dawid en Goliat”. Dit was 'n draaipunt in sy lewe en sy eerste song, Lied van Saldanha, is hieruit gebore. Ook Neuk, Justice en Droomtowenaar kom uit hierdie tyd. Hy record Lied van Saldanha in ‘n stowwerige studio in Goodwood, met Barry Marais as klankingenieur, en Gerard Huizinga van Berklee Studio in Panorama, Parow as ‘n assistant. Maré Mouton maak ‘n baie mooi cover vir die 4-track tape, en Al' laat sowat ‘n 1500 tapes maak. Hy gebruik die geleentheid om die omgewingskwessies rondom die staalfabiek op die keersy toe te lig. Daarna deel hy die tapes uit in die Langebaan-area om die bewustheid oor die omgewing te versterk.

Song Of Saldanha | Lied Van Saldanha
Song Of Saldanha | Lied Van Saldanha

In 1996 record Al'astair 10 songs op 4-track tape om vir Kersfees aan kliënte en vriende uit te deel. Die bekende klank-ingenieur, Conrad Jamneck, het op daardie stadium in ‘n woonstel agter Al' se huis gewoon, en een van Al’ se tapes by hom gehad ingetrek. Op ‘n goeie dag het die musiek guru Andrew Roos ‘n draai by Conrad gemaak, en op Al’ se tape afgekom.

Andrew en Al’ het ‘n paar dae later op Al’ se eie werf in mekaar vasgeloop, en aan die gesels geraak oor Al’ se songs. Tydens hierdie gesprek het Andrew vir Al’ spontaan aangemoedig om sy songs verder te vat. Die album My hond Fanie” word sowat twee jaar later voltooi in Willem Moller se Sharp Street Studio, in Johannesburg, met Andrew as projek-bestuurder en arranger, en Willem Möller as klank-igenieur. ‘n Paar bekendes soos Philip Moolman, Mauritz Lotz en Karen Meiring het ook meegewerk as sessional musikante en met back-up vocals sangers Die cover is van die album is ook ontwerp deur Maré Mouton van Icon Communications. Op die cover meld Al’ dat hy op soek is “na die 1 van die N1, maar ook na die 2 van die twee-spoor…

Verskeie van die songs op die album handel oor geregtigheid, die underdog en die omgewing. Straatkinders word baie sensitief belig in Straatkind, bergies tree na vore in Strate van die Kaap Maar dit word dan weer op totaal ander trant afgewissel met ligte nommers soos My hond Fanie, Hell’s Angel en Langarm Ballarina Daar is ook ‘n hele aantal besonder romantiese songs soos Marissa en Droomtowenaar

Die album is baie goed ontvang: Die Burger lys dit onder die luisterbare bundels van die jaar, RSG speel gereeld van die songs oor die lug, Fine Music Radio voer 'n onderhoud met Al'astair, en SA Rock Digest prys "Hell's Angel" hoog aan, en lys ook Al'astair in Rock Digest as ‘n SA Rock Legend.

Al' loop toe vas in “Pêl Een”, Graham Taylor, wat nog ‘n eksentrieke persoonlikheid en ‘n eiesoortige vibe met hom saambring. Beide doen vocals met Graham wat ook harmonise en lead kitaar speel lead, en met Al’ op askoestiese elektriese kitaar. Die duo staan bekend as Al' en sy Pêl, en die twee se spontane genot en humorsin blyk duidelik as hulle bymekaar is. In 1999 tree hulle vir die eerste keer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op, met net‘n paar impromptu vertonings. Al' en sy Pêl dra honde-halsbande om die nek. Al' dra sy verslete groen kamerjas met Skotse motief op die verhoog: “want as lingerie dit vir Madonna kon doen, kan my ou kamerjas mos ook werk ” Pêl Een”vind dadelik aansluiting hierby deur van tyd tot tyd sy melkwit bene en sy boxer shorts op die verhoog ten toon te stel, opsetlik op die verkeerdste moontlike oomblikke.

Al' en Pêl 1 uitgedos in “Skotse lingerie”
Al' en Pêl 1 uitgedos in “Skotse lingerie”

Later word die groep herdoop na Al' en sy Pêlle toe Marius Doubell hom as Pêl Twee byvoeg op bas, met Cassie van Zyl vlietend op keyboard as Pêl Drie. Cassie en Al' word lewenslange vriende in die proses. Al' en sy Pêlle sluit hulle ook “heeltemal omgedop” aan by groot minne-sangers, deur in plaas van rose, honde-beskuitjies en Bob Martins-pille by shows uit te deel…

In 2001 en 2002 is Al' en sy Pêlle in volle swang by die KKNK, eers met die musiek-kabaret My hond Fanie en daarna met die vertoning Neuk. Marianna Malan van Die Burger doen ‘n baie positiewe artikel met ‘n groot foto, en JP Nel van Tydskrif-Rapport doen ‘n kleur-artikel oor verskeie bladsye. Hierdie twee artikels veroorsaak ‘n sensasie rondom die groep, en hulle trek vol sale.Daarna maak Kyknet ‘n video van Al' se lied Straatkind, met Al' en sy Pêlle as die akteurs, en dit word op die program Geraas ge-beeldsend.

...Neuk vertoning KKNK 2002,  Al' en Pel 2 en Pel 3
...Neuk vertoning KKNK 2002, Al' en Pel 2 en Pel 3

Hulle volg dit op deur gereeld in teater-restaurante op te tree, vanaf Bellville, Stellenbosch en Wellington, tot in Robertson, Beaufort-Wes, Velddrif en Knysna. Maar, soos dit alle goeie rock-bands betaam, ontbind die groep later in 2002. Al' word 'n solo-kunstenaar. Hy open twee keer vir Mathys Roets, en tree ook verskeie kere op as gaskunstenaar vir Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock. en Andrew Roos. Al' noem vir Richard Ritgert, vir Lochner noem hyLogaritme en vir Andrew Aandraai. Hulle weer herdoop hom na “Allesdaar”. Deur hulle ontmoet hy ook vir wyle Harry Knepscheldt, die vermaarde saxofoon en mondfluitjie speller.

In 2004 maak Kwêla 'n video van My hond Fanie wat herhaaldelik op Kyknet gewys word, met Al' en sy hond genaamd Fanie in die hoofrolle. Nie lank daarna gaan Fanie sag heen, op feitlik dieselfde wyse as wat alreeds in 1998 deur Al' beskryf is, in die lirieke van My Hond Fanie.

Maar toe skryf Al'astair heelwat meer as net 'n lied of twee: Sy boek, The Giant Puzzle, wat handel oor al die stukkies waaruit persoonlike verhoudinge bestaan, verskyn in 2005 by Stormberg Uitgewers. Verskeie koerante en tydskrifte skryf positiewe artikels oor die boek, o.m. Huisgenoot, You en O Magazine. Die boek word op Cape Talk Radio bespreek, en ‘n feitlik volblad artikel verskyn in The Argus. Die boek eindig met ‘n soulful “song oor life” genaamd Giant Puzzle. Die bekende radio persoonlikheid Liza Chiat meld The Giant Puzzle op haar web-tuiste, en Ruth Tearle, die skryfster van die internasionale best-seller Ride The Wild Tiger, beveel ook The Giant Puzzle aan op haar webtuiste


In 2005 tree Al'astair weer by die KKNK op, dié keer saam met Loit Sôls, bekende digter/filosoof van die Kaapse Vlakte, en die musikant Les Javan. Hulle skryf saam 'n musiek-kabaret genaamd Stout vannie aarde. Die Burger beskryf dit as 'n goeie voorbeeld van kruisbestuiwing tussen kultuurgroepe.

... Al' en Loit Sôls bevriend vir skillie...
... Al' en Loit Sôls bevriend vir skillie...

In 2006 keer Al'astair terug na die KKNK met 'n eenman-vertoning genaamd "Dik-Strik 7'n kranksinnige musikale hofsaak". Hy oefen vir die vertoning in Gerard Huizinga se Berklee Studio in Panorama, Parow, Die stuk vertel die verhaal van die Suid-Afrika voor Nelson Mandela as 'n land van oenskynlike melk en heuning maar wat alleenlik sommige bevoordeel het, en handel oor skuld en onskuld. Dit begin met die woorde “skuldig-onskuldig…onskuldig- skuldig…”. Dit bou uiteindelik ‘n brug na die toekoms en na self-aanvaarding, en eindig met die woorde van die song Giant Puzzle:

want ek’s ‘n perfect fit...ek’s ‘n perfect fit...vir my stukkie..van die puzzle..
en jy’s ‘n perfect fit…jy’s ‘n perfect fit…vir jou stukkie…van die puzzle.
die beautiful… pragtige...lieflike ...giant...puzzle

Dik-Strik 7 – 'n kranksinnige musikale hofsaak
Dik-Strik 7 – 'n kranksinnige musikale hofsaak

Na "Dik-Strik 7" het Al' homself vir 'n tyd onttrek, en "laagelê en niemand gehinder nie." Ongeveer hierdie tyd besluit Al' op die ingewing van die oomblik om op 'n roadtrip te gaan met sy maatjie van skooldae af, Maré Mouton. Al' klim in sy 1948 Pontiac, gaan tel vir Maré op, en die twee vertrek op ‘n epiese tog vanaf Stanford deur die Klein Karoo, oor Tradouw Pas, deur Montagu, Barrydale, Calitzdorp, Ladysmith, Oudshoorn en George, en toe weer terug na Stanford, deur Swellendam. Die Pontiac se self-starter breek langs die pad maar die twee gaan maar so voort, met hoofligte wat volgens Maré soos “klein geel kersvlammetjies in die wind waai, en waarvan die moeg-strale voor oor die bumper afbuig na die teerpad.” Hulle stop verskeie kere, en hou ‘n opelug-konsert in Tradouw Pas vir diegene wat wil kyk en luister, en ook vir dié wat nie wil kyk en luister nie. Hulle beland selfs op ‘n video opname van ‘n groep toeriste, met Al' op kitaar en vocals, en Maré as drummer op ‘n beesvel-trom. In Tradouw Pas ry hulle in mistige reën, en sien plotseling hoe die strale van die son deur die misreën breek, in sagte skakeringe van oranje, geel en goud.Al' sê vir Maré: “Kyk Maré, ons ry in die hemel in… Die grand finale van hierdie epiese tog vind plaas by wyse van ‘n ongenooide konsert in die pub van die destydse Royal Hotel in Ladysmith. Op een of ander wonderbaarlike manier maak hulle dit darem terug tot in Stanford. En kort daarna ontmoet Mare die liefde van sy lewe, trou met haar, en beland inderdaad in die hemel…

Al'astair
Al' doen 'n een-man vertoning by Delycia van der Merwe se awards evening

Einde 2008 raak Al' een oggend wakker met 'n beklemming dat hy dalk weer planke toe sal moet gaan – dié keer ses voet onder die grond – en dat van sy nuwe songs nooit gehoor sal word nie. Hy word gemotiveer deur ‘n vriendin wat hom vertel dat sy ‘n plantasie olyfbome op ‘n droë plaas aangeplant het, en ook ‘n huis aangebou het, sonder dat sy geweet het of daar water sal wees,bloot omdat dit vir haar “reg gevoel het”, en toe wel water raakgeboor het. Hy maak inderhaas weer 'n afspraak met maestro Andrew Roos, en wend hom in Januarie 2009 weer na Ermelo. Die album Blou Trane word by Andrew se Brakmusiek Studio in Ermelo opgeneem "met regte egte viole, tromme, trompette en kitare". Andrew is weer eens die projekbestuurder, en arranger. Die grafiese kunstenares, Christa van Zyl , doen ‘n pragtige cover ontwerp, met Al' se 1936 Dodge wat in die agtergrond feature, en ook hierdie album kry 'n uitstekende ontvangs in die media. Die “anger” van songs soos Justice word nie herhaal in die album Blou Trane nie. Die aanslag is meer filosofies met songs soos Giant Puzzle, maar weereens is daar verskeie love songs soos Siel Steel en Babe uit die Karoo , asook “ humor met ‘n traan” soos Japie.

Kort nadat Blou Trane opgeneem is neem Al’astair “bewusteloos” deel aan die Weskus Pub Idols by Vlakvarkgat, naby Langebaan. Hyself was geheel onbewus van die kompetisie, en wou “net vinnig Hell’s Angel sing, vir ‘n ou met ‘n spierwit droopy snor, wat vir my net soos die karakter wat ek in die song beskryf, gelyk het.” Al' vra toe of hy maar oor die klankstelsel kan sing, en hulle sê ja. ‘n Mooi blondine kom vra hom daarna vir sy naam en telefoonnomer,en hy dink dadelik sy het seker ‘n crush op hom.. Later die oggend kom hy egter agter dat sy ‘n beampte vir uitdunne van die Weskus Pub-Idols is, dat sy dink dat hy ‘n deelnemer is, en dat hy per abuis hulle klankstelsel gedeel het. Tot sy verbasing kondig die organiseerders hom later die oggend aan as die wenner van die semi-finals waarvoor hy nooit ingeskryf het nie!

Tydens Paasnaweek 2008, kort voor Harry Knepscheldt se skielike latere dood, duik Harry en sy vrou Rita sonder aankondiging by Al' in Langebaan op. Dis baie koud en Al' het nie ekstra komberse nie. Al' hak die sitkamer-gordyne af en Harry en Rita slaap onder die gordyne.Harry hou een aand ‘n aangrypende spontane vertoning op Al' se stoep in Langebaan “met mense wat soos nagmaalgangers een vir een uit die donker mistighied verskyn, en ‘n kring op die grassie voor die stoep vorm, om stil na Harry se hemelse musiek te luister.”

Die vakansies op Langebaan bring ‘n ander toevalligheid. Al' ry een aand per ongeluk sy vakansie- buurman se wasgoedlyn om, en hy raak vir die buurman liewer as vir die lewe. Uit dié ongelukkie word 'n nuwe groep gebore – Al' en nog Pêlle – met die buurman (met die nat wasgoed) as Facelift de Villiers op tromme, en jarelange soul mate, Titanium Tony, op lead kitaar. Al’ se ander vriend Double-Trouble Engelbrecht word die baskitaarspeler.

Die groep is gou in aanvraag en tree by verskeie venues op. Intussen doen Al' steeds solo vertonings by huiskonserte en ook as ‘n gaskunstenaar by “awards evenings” van Delycia van der Merwe se musiekskool in Bellville.

..die nog mense...
..die nog mense...

In 2010 skryf Al' weer ‘n boek, genaamd “Nerves of Steel??….perhaps in a millions years from now...” Hierdie boek handel onder meer oor die “binnekant” van die omgewingstryd rondom die Saldanha Staal-fabriek, en vertel ook Al' se lewensverhaal. In dieselfde jaar plaas Al' sy musiek op Records se webwerf, waar songs oor die internet afgelaai kan word. Hy stuur ook sy bundel Blou Trane vir RSG. Sy song Lank lank gelede beland op RSG se speellys, en gaandeweg word dit omtrent elke dag gespeel en word 'n soort radio treffer. Mense begin Al' van ooral oor te kontak om te verneem waar hulle die bundel Blou Trane in die hande kan kry.

In 2011 styg Lank lank gelede eers tot die boonste 20 songs wat by Rhythm Records afgelaai kan word, en later tot nommer een uit sowat 80 000 tracks wat op die webwerf beskikbaar is. Sarah Theron record vir Neuk op haar album Sit die ketel aan, en daarna ook vir Bakke vol liefde op haar bundel D-Cup. Al' se bundel Blou Trane word steeds meer bekend en gewild. As jy staan op die maan beland ook op RSG se speellys, asook op Bay FM se speellys. Die song en bly vir vier maande op die top tien “Feel Musiek” van Bay FM, en word later ook nommer een. Later in 2011 beland Blou Trane ook op Radio Houtstok, en Babe uit die Karoo op Bok radio Al' besef dat hy sy CDs in die winkels moet kry, en begin eindelaas, sowat sestien jaar nadat hy sy eerste song gemaak het, om planne hiervoor te maak. Hy gaan lewer persoonlik sy bundels af by Vonk Musiek in Johannesburg ,en Maré Mouton van Icon Communications in Stanford ontwerp die eerste webtuiste. Dit word later oipgevolg deur hierdie wentuiste ontwep deur Brian Currin, ook indirek steunende op Mare se vorige grafiese ontwerp.

Gedurende 2011 “teken” Vonk musiek vir Al’astair, en Lydia Winchester word sy musiek promoter. Gedurende 2011 en 2012 word Lank lank gelede ware volksbesit. Dit word letterlik daagliks op radiostasies gespeel, die woorde “Lank lank gelede” word selfs ‘n groet-vorm in kroee in die Stellenbosch area. Al’ beland gedurende 2012 ook drie keer op KykNet TV. Blixem Produksies vervaardig gedurende 2012 ‘n musiek-video rondom die song Lank lank gelede. Die video word ook ‘n groot sukses en word gereeld op Kyknet se Kanaal 146 gespeel, en 2013 skop af met verskeie vertonings, onder andere in Mosselbaai, Riversdal en Wellington.

En wat sê Al’ oor alles? Hy sê net :

“Die ou lewe gebeur met ‘n mens. Kom ons kyk maar wat gebeur…”

©2011-2016 alastair van huyssteen