speelse en onspelerige woorde
Onthou jy die girl…
Onthou jy die girl
in Walvisbaai se viswinkel
wat soos Raquel Welsch gelyk het
of onthou jy die sersant se dogter
met die styf-styf stywe e bikini
in Younsfield se basic kamp
en Ma Probst se bakke-ry, in Walvisbaai
waar ons dag na dag met ons oe wou vry
en die chips was glad nie baie-baie slap nie
onthou jy nog die girls in haar soete bakkery
wat korte-korte mini's om hul boonste-boonste bene vou
en stadig die gebak van die heel hoogste-hoogste rak
afgehaal het
wat kan jy nog onthou van die kolonel se tikster
wat elke tee-tyd weer gekom het
na Walvisbaai se siek- siekeboeg om
toast daar te kom eet
waar ons grasgroen van jaloesie
en goudgeel van die geelsug van die vliee
gekyk het hoe Eugene, die medic
met haar fllankeer elke keer op keer
net soos ‘n baie groot meneer
..dance like a butterfly.....
Ek is gisteraand "dik-gedonner" deur 'n vreemde vrou in 'n parkeerarea in
Durbanville....
Sy was so 45 jr oud, goed aangetrek en aanvanklik oenskynlik gesofistikeerd,en
nogal sag op die oog. Kon deurgaan vir 35 jtr. Stewels met hoe hakke. Sy het
snaaks geloop,en met haar self loop en praat. Sy klim toe agter 'n kar se stuurwiel
in, wat direk langs ons geparkeer is, en wil klaarblyklik ry . Ek sien in my geestesoog 'n kop-aan-kop botsing in Durbanweg sooslaas toe my laaaitie se vriendin
dood is. Ek gaan na haar, klop aan haar venster en vra "Are you OK? Waarop sy
se ”I’m fine”. Ek se “are you really fine, are you OK? Sy se " No, I am drunk." Ek
se "I really do not think you should drive...." Sy maak egter reg om te ry. Ek trek
haar sleutel uit, en se "You should really not drive. Why don't you phone
somebody to fetch you. Sy sê “this little car drives itself.” Ek se you cannot drive,
I’m going to phone the police if you drive” en stel voor sy bel iemand om haar te
kom haal. Syprotesteer eers maar se toesy sal iemand bel, Sy begin karring met
haar selfoon. Ek gee weer die sleutel terug. Ek stap na ons kar langsaan en se vir
Liefie “die vrou kan nie ry nie. Sy gaan haarself en ander mense seermaak. Ek
moet die polisie bel.” Liefie se "mens kan nie die polisie vertrou nie. Netnou doen
hulle iets aan haar. Miskien moet jy die kar vir haar bestuur." Ek sê vir Liefie "Dit
sal beter wees as jy die kar bestuur-sien jy kans?" Liefie sê dis OK. Ek stap terug
en vra vir die vrou of ek of Liefie ek nie haar kar vir haar kan bestuur nie. Sy lyk
nie besonder ingenome hiermee nie, en ek kry die indruk dat sy gaan ry. Ek stap
terug na Liefie en sê vir Liefie “ek dink ek sal tog die polisie moet bel.” Terwyl ek
met Liefie praat klim die vrou uit haar kar, stap agterom en "suddenly just came
for me....." Ek retireer, maar sy klim met mag en mening in. Vuiste, kniee, elmboë.
Ingram Campher Cream advert. My bril word van my gesig afgeklap. Ek ritireer
heeltyd, maar scan die omgewing soos Knight Rider. Die security guard hardloop
nader en kom staan tussen haar en my en sê "please do not fight."Sy slaan my
weer en ek wag dat die security guard my moet uit tel. Maar die vrou move eers
links om hom, dan regs om hom. Liefie raak intussen baie besig op haar selfoon,
probeer die polisie bel. Liefie klim uit ons kar om die sein te versterk. Ek
ontwikkel die vrees dat die vrou haar ook kan bestorm, en kry visions van twee
vrouens wat naked mud wrestling doen, met my as die prys aan die een wat wen.
Vuiste reen op my, en my bril spat op die grond....Die proses gaan voort ....Ek pas
deurentyd vlugtige en professionele voetwerk toe, en probeer om "out of reach"
van 'n linker- haakhou te bly. Ek oorweeg vir 'n oombik om 'n backward
summersault te doen, maar onthou dat dit reeds 50 jr gelede by Worcester
swembad nie wou werk nie. Ek opt vir 'n Muhammed Ali vibe, en besluit om te
dance like a butterfly. Ek besef gelukkig dat sting like a bee nie appropriate sal
wees nie. Ek beleef myself ook as die arm man se Gerrie Coetzee. Maar met my
vuiste vasgebind. In my onderbewuste hoor ek die Van der Bijlpark vrouens gil
ter ondersteuning. Die vrou gil egter ook op my, en harder as hierdie groupies. Sy
spoil my ego-trip. Sy sê iets van “You do’nt know my issues. How could you have
done it to me." Ek vermoed instinktief dat sy in haar onderbewuste beleef dat ek
haar man of haar boyfriend is wat haar dalk verneuk het . Sy sê "I know
people..they will take you out... " Ek sê "I am just trying to help and to be kind".
Die vrou kalmeer skielik , en sy sê "I am going to sleep in my car." Ek reël met die
security guard dat hy moet seker maak dat sy nie ry nie. Ek en Liefie ry. In
Wellingtonweg gewaar ek skielik haar motor kort agter ons, regs-agter, heel aan
die verkeerde kant van die pad, sonder ligte. Sy kom met ‘n spoed. Die kar mik na
links in ons righting. Ek kry 'n angsaanval. en vermoed sy is steeds vir my kwaad
omdat haar man of boyfriend haar verneuk het. Ek dink sy gaan ons nou "ram".
Ek click dat ek met Liefie se kar ry, en dat Liefie vir my nie bietjie die moer in gaan
wees as haar kar gestamp word nie. Ek doen 'n tipe "Schecter left drift" en glip
in 'n dwars-straat. Sy skiet verby, oor Durbanweg, en verdwyn in die niet....(NS
Terwyl sy besig was om my te bliksem was ek te besig om op my uitstekende
voetwerk te focus om die humor in te sien. Dit was kort daarna snaaks. Liefie het
Vrydagoggend ook gedink dit is snaaks.)
Alastair van Huyssteen
Vrydag, 2 Aug 2013
GISTER
Dis Sondagmiddag op Worcester. Dit is Novembermaand, maar die wind waai om een of ander rede nie. Dit is roerloos warm. Ons het netnou klaar ge-eet. Skaapboud en bruin aartappels, pampoen en ertjies en skorsies, en wortelslaai met lemoensap daarin. 'n Klein glasie soetwyn vir Pa en Ma voor ete, en ons mag ook daaraan geproe het. Toe vrugteslaai en roomys vir nagereg. Pa het eers 'n Stuyvesant in die diep stoel gaan rook, en nou slaap Pa en Ma. Al die gordyne is toegetrek om die warmte uit te hou, en ons moet baie stil speel, het Ma gese. Ek het klaar my sussie se hare getrek en sy het my reeds geknyp. Ek het my boetie ook gestamp en hy vir my. My dinky-toy se wiele is afgebreek. Gelukkig het ons nog nie teen die kas met die pierings geval nie, soos laas Sondag gebeur het. En gelukkig demp die gordyne die klank. So teen half vyf mag ons weer raas. En dan sal ons koffie drink. En dalk ook melktert of koeksisters kry....buite blaf 'n vaak hond so twee keer. 'n Venster klap erens, en die hond hou weer op . Sy mense wil seker ook slaap. Op die Robertsonpad verdof 'n motor se geluid langsaam terwyl hy na gister ry.
Middeleeue
Na die donker middeleeue kom die renaissance. Na die renaissance weer die donker middeleeue. Dan weer die renaissance. Dan weer die donker middeleeue. En so draai die aarde en die getye, orals in die wereld, behalwe in Amerika. Daar skiet hulle mekaar weer by skole en universiteite, dan hou hulle Oscar aande, dan skiet hulle mekaar weer by skole en universiteite, of gaan join die fun elders in die middeleeue. Seker nie verbasend dat sensitiewe siele drugs gebruik nie.....Tussen-in alles is daar spatsels magic en liefde en musiek en gedigte, partykeer damme vol wat oorloop. Soos Graaff Reinet se dam nadat dit gereen het in die Karoo, daar by die Kamdeboo.
Vrugte en groente
Waatlemoene is rooi aan die binnekant. Tensy hulle nog groen is. Lemoene weer is geel aan die
binnekant.
Aartappels en patats lyk na mekaar.
Drie engele laat my engels praat….
Op Dinsdag-middag was ek en my seun op pad vanaf Langebaan na Bellville in 'n 1975 Ford Ranchero
Bakkie. Ons het 'n swaar dubbel-as sleepwa gesleep wat omtrent een en 'n half keer die lengte vd
Ranchero was. Bo-op die sleepwas was daar my “pride & joy” en “KKNK marketing tool” van 1999, 2001
en 2002 en 2006 - ‘n opregte 1936 Dodge Brothers Sedan. In die "boot" van die Dodge was die Dodge
se ou enjin, 'n massiewe 6 silinder side valve enjin. Op die bak vd Ranchero was daar nog so 'n (spaar)
enjin, asook 'n 1936 Dodge ratkas. Ons was op pad Bellville toe om die enjins die volgende dag na ‘n
ingenieursfirma in Parow te neem, vir die herstel daarvan, nadat die Dodge al vir sowat ‘n jaar nie meer ry
nie. Die gedagte was dat die Dodge binnekort Gautens toe moet ry om in ‘n be-oogde musiekvideo van my
song, lank lank gelede, wat reeds in ‘n finale fase van beplanning is by Blixem Produksies.
Die gewig-verspreiding was heeltemal verkeerd want die heel agterkant van die sleepwa was die swaarste
gelaai, met die ou enjin in die boot vd Dodge, wat baie naby aan die agterkant vd sleepwa was. Dit was
seker nie ‘n bietjie “stupid” nie. Maar darem by-gese, as ons mag, ons is nou nie juis outdoor types wat
dikwels sulke dinge doen nie, en die vrag was so gepak met die raad van ‘n ander wat gelyk het of hy weet
waarvan hy praat.
My seun het bestuur. Toe ons op die N1 teen die Tygerberg-bult afry, in die area vd Karl Bremer afrit,
teen ongeveer 6 nm, met die lang-naweek “terug-huistoe verkeer” langs ons, agter ons en en voor ons,
het ;n groot vragmotor langs on verby gekom teen ‘n redelike hoe spoed, en ‘n rukwind veroorsaak. Die
Ranchero het skielik erg begin swaai, en was feitlik dadelik uit beheer. Ek was besig om op my selfoon met
my virend van 42 jaar, Mare Mouton (“die Stanford drummer”), te praat. Die Ranchero het op die barrier
aan die linkerkant afgepyl. My seun het daarin geslaag om dit op die laaste oomblik weggeswaai te kry.
Toe het ons weer oor vier lane op die regter barrier afgepyl. My seun het weer daarin geslaag om op laaste
oomlik weggeswaai te kry.Ons het weer op die barrier aan die linkerkant afgepyl. Hierdie proses, heen en
weer, het aanhou herhaal, vir wat soos altyd gevoel het. Die sleepwa het so erg geswaai dat die Dodge se
regterwiele opgelig het tot sowat driekwart meter bokant die sleepwa se vloer. Die Dodge was op die punt
om bo-op die sleepwa om te val. Ek het geweet ons gaan binnekort rol. Ek het uit desperaatheid , toe ek
sien my seun kry nie die Ranchero onder beheer nie, die stuurwiel vd Ramchero vir ‘n oomblik liggies van
die kant probeer stuur. My seun het op my geskree om te los. Ek het gelos. Ons het steeds heen en weer
oor die pad geswaai. Ek het instinkmatig besef dat ons nou gaan rol, dat die Dodge en sleepwa bo-oor ons
gaan wees, dat verskeie voertuie ook met ons gaan bots, en dat ons in ander voertuie gaan inrol.
Skielik was alles oor, en het ons totaal stabiel vorentoe beweeg. Ek het spontaan geskree (om een of ander
rede in Engels):
"Amazing! Fantastic! Inbcredible! You did it! You did it!
Die volgende oomblik het 'n ander bakkie langs ons inbeweeg, en die mense het beduie dat ons moes
aftrek. My seun het stadiger begin ry, en sy ruit afgedraai. Hulle het deur die venster vir ons geskree::”Julle
hele enjin het op die N1 hieragter uitgeval!"
Ons het gestop. My seun het die polisie probeer bel. Nog 'n voertuig het gestop. Die bestuurder wat
duidelik erg ontsteld was, het geskree "Your engine fell out on the middle lane of the N1!"
Ek het gese: "It must be very dangerous, are there any traffic cops on the scene?
Hy het gese: "It is extremely dangerous. But two guys have pulled it to the side of the road."
Ek het verlig gevoel maar nie ten volle nie. Ek was bekommerd dat die enjin in die geel streep area is en
dat 'n voertuig nog daarmee kon bots. Ek kon ook nie glo dat geen voertuig reeds daarmee gebots het nie.
Dit was langnaweek- verkeer om 6 nm, en terwyl die Ranchero herhaaldelik oor die vier lane geswaai het,
was ek bewus van swaar verkeer agter ons en ook langs ons op ‘n stadium, en het ek heeltyd instinkmatig
verwag dat voertuie in ons gaan vasry, of dat die sleepwa of bakkie in ander voertuie gaan vasswaai.
Ons het die mense bedank, aangery na die volgende 'fly-over", toe omgedraai en teruggery, rigting Parow.
Ek het die heeltyd verwag om ‘n massiewe ongelukstoneel te sien.
Ons weer 'n “fly-over’ geneem, en weer omgedraai, nou weer in rigting van die Paarl. Ons het die enjin
langs die pad gekry, in die omgewing vd Karl Bremer afrit.
Die ses “pistons”(wat in ‘n kartonboks was, ook in die “boot” van die Dodge) was orals versprei. Drie het in
die middel van die N1 gele, een so 50 meter op teen die wal, en twee by die enjin.
Elke “piston”was op sy eie ‘n “projektiel” en die enjin was op sy eie ‘n massiewe “cast iron landmyn”.
Niemand is beseer nie, behalwe die enjin en die Dodge se agterkant waar die bakwerk geskeur het toe die
enjin uitgeval het.
Dit was die uitval vd enjin wat die Ranchero en sleepwa stabiliseer het, want dit het binne ‘n split-sekonde
die gewigverspreiding herstel.
As die enjin nie uitgeval het sou ons gerol het. Twee vriende van my het onafhanklik, en heeltemal apart
van mekaar, spontaan vir my gese dat die twee ouens wat die enjin uit die pad gesleep het nie mense was
nie, maar engele
Rtoe hulle so praat het ek by myself gedink:
“Daar was ‘n derde engel in die omgewing. Die engel wat die Dodge se bak oopgemaak het en die enjin uitgehaal het om die
gewigs-verspreiding te herstel.”
Ek weet regtig nie hoe hulle dit reggekry het nie. Toe ek die “pistons” in die middel van die N1 gaan optel
het, moes ek laan vir laan oor die N1 hardloop, en drie keer tussen die lane stilstaan om te wag en om die
verkeer te “dodge” terwyl voertuie vlak voor my, en direk agter my, verbyjaag. Alleenlik dit was alreeds virt
my ‘n ysigwekkende ervaring op sy eie. Hoe op aarde die twee mans ‘n massiewe 1936 Dodge ses silinder
cast iron enjin in die verkeer vanuit die middel van die N1 na die kant kon sleep, weet ek nie.
As enige dalk die twee engele teekom, vra hulle asb om my te kontak sodat ek hulle kan bedank. Hulle het
waarskynlik ‘n enorme tragedie verhoed.
Ten slotte. Ek het twee maande gelede ophou rook. Gelukkig het het ek nie gerook net na die voorval nie.
Ek sou wel as ek sigarette gehad het. Ek is bly ek het nie.
Facebook is soos 'n dorpie. As iemand intrek gaan almal kuier. Later is dit soms vervelig, want die ou donners begin mekaar te ken, raak lief vir mekaar, en skinder soi bietjie. Partykeer flirt iemand openlik met iemand anders, partykeer is iemand bietjie jaloers, ander kere help iemand 'n ander, en soms is daar bietjie fyn-brag en snob dingetjies, ander kere sommer 'n ge-afshow.Soos mense mos altyd doen en altyd moet doen net sommer omdat ons mense is en eendag gebore word en so tydjie later weer doodgaan Wat die sondagskool juffrouens en menere doen as dit ligte af is weet mens nie. Mens kan net wonder daaroor.
Flippin gryskop...
Ek verander vermoedelik blykbaar skynbaar min of meer per slot van sake aan die einde van die dag in die finale analise holisties bejeen uit 'n birds eye view gesien en oor tyd op die keper beskou ten slotte oorkoepelend beskou objektief gesproke as balans gehandhaaf word met die nodige insig uit die hoek van 'n kind wanneer kalmte die wagwoord nugter denkend sonder voortdurende ontkenning van 'n flippen gryskop na 'n coffin gryskop
Fokus
Ek het eintilk 'n baie goeie geheue en is baie gefokus. Ditis net met name van mense en waar my sleutels is en waar ek parkeer het en waar my sigarette is en waar my lighter is en waar my selfoon is en waar die leer waarmee ek werk in die kantoor is en wat die klient se naam is en destyds waar ek my pa se gereedskap neergesmyt het en waar ek my fiets gelos het en op univ wanneer ek klas het en waar die klas is en afgelope 12 jaar wat die woorde van my eie songs is en wat die akkoord is waarin ek die song begin en waar die bar-cord vir B ebn C op die kitaar sit en wat die datumis en watter dag vd week dit is en wat my ouderdom is en so an aan wat ek probleme mee het en gehad het.
for you to die...
I shall try again and again. Even if beforehand I have to try again and again just to get the trying right. And just before I die, I hope to try once more ...net vir oulaas...And then I shall say: "Thank you. For allowing me to try..."
Gister,
Dis Sondagmiddag op Worcester. Dit is Novembermaand, maar die wind waai om een of ander rede nie. Dit is roerloos warm. Ons het netnou klaar ge-eet. Skaapboud en bruin aartappels, pampoen en ertjies en skorsies, en wortelslaai met lemoensap daarin. 'n Klein glasie soetwyn vir Pa en Ma voor ete, en ons mag ook daaraan geproe het. Toe vrugteslaai en roomys vir nagereg. Pa het eers 'n Stuyv...esant in die diep stoel gaan rook, en nou slaap Pa en Ma. Al die gordyne is toegetrek om die warmte uit te hou, en ons moet baie stil speel, het Ma gese. Ek het klaar my sussie se hare getrek en sy het my reeds geknyp. Ek het my boetie ook gestamp en hy vir my. My dinky-toy se wiele is afgebreek. Gelukkig het ons nog nie teen die kas met die pierings geval nie, soos laas Sondag gebeur het. En gelukkig demp die gordyne die klank. So teen half vyf mag ons weer raas. En dan sal ons koffie drink. En dalk ook melktert of koeksisters kry....buite blaf 'n vaak hond so twee keer. 'n Venster klap erens, en die hond hou weer op . Sy mense wil seker ook slaap. Op die Robertsonpad verdof 'n motor se geluid langsaam terwyl hy na gister ry.
Helde-akker toe…
Persoonlik verkies ek AVBOB , maar daar is seker nie veel te kies tussen AVBOB , Goodall & Wiliam en Doves nie. Doves organise wel groter prentjies by In Memoriam, maar daar is ook nie juis so groot verkil nie. Goodaal&Williams kry weer meer techicolour shoots. Die eintlike probleem vir my le by die Helde-akker. Die is skynbaar tot oorlopens toe vol. Dis hoekom die politicians so oorloop by tye...... Hulle oefen om reg te kom further down the line. Or hole. Maar op heroorweging: ek hoort nie regtig daar nie. Ek wil ook nie op daardie dag doodgetrap word deur politicians nie. En dan wil ek in elk geval nie tussen 'n klomp skoolprefekte beland nie. As jy jou weer kom kry moet jy gemeenskapsdiens doen deur die plek te moet help skoon te maak, nes by Paula hulle se nuwe huis in die karoo skynbaar van my verwag word. Ek is meer 'n soort roer maar die koffie op die stoep werker. En daar kom nou al in elk geval ir baie jare nie baie mense daar uit tussen die events nie. So dit is dalk effe stil tussen-inl.Miskien moet ek eerder maar vir die Jan Braai ding gaan. Verstaan hy het alreeds diep in ge-eet in die mark, en gaan net vooruit. Skynbaar is hy die ander dag weer geborg. Nogals met 'n nuwe stasiewaentjiehulle oefen om reg te kom further down the line. Or hole. Maar op heroorweging: ek hoort nie regtig daar nie. Ek wil ook nie op daardie dag doodgetrap word deur politicians nie. En dan wil ek in elk geval nie tussen 'n klomp skoolprefekte beland nie. As jy jou weer kom kry moet jy gemeenskapsdiens doen deur die plek te moet help skoon te maak, nes by Paula hulle se nuwe huis in die karoo skynbaar van my verwag word. Ek is meer 'n soort roer maar die koffie op die stoep werker. En daar kom nou al in elk geval ir baie jare nie baie mense daar uit tussen die events nie. So dit is dalk effe stil tussen-inl.Miskien moet ek eerder maar vir die Jan Braai ding gaan. Verstaan hy het alreeds diep in ge-eet in die mark, en gaan net vooruit. Skynbaar is hy die ander dag weer geborg. Nogals met 'n nuwe stasiewaentjie
Kombuis vreugde….
Plaas langste beskibare sigaret-toppie versigtig in jou boonste hempsak. Neem een van die vuurhoutjies
uit die boksie waarvan die swael opgedonner is toe jy die boksie laas somer in jou swembroek-sak
vergeet het....
Maak linkerhand toe om vuurhoutjie, en beweeg gemaklik-natuurlik na kombuis, na die toaster. Klap 'n
kombuiskas se deur oop en toe. Druk toaster stadig af terwyl jy luidrugtig "House of the rising sun"sing
(andersins emosioneel soos ‘n Springbok kaptein daardie helfte van die volkslied wat jy ken). Dit sal
verseker dat sy haar ore sal probeer afskakel. Moet glad nie van toast praat nie. Sy sal dan instinktief
aanvoel dat jy haar bullshit. Sing egter ietwat harder om klank te doof. Hou aan met sing en bring
vuurhoutjie versigtig na toasterdraad. Hou feitlik teen toasterdraad sonder om die draadjie te laat
afsmelt soos met die vorige toaster wat sy by haar ma ge-erf het. Hou vinger van ander hand teen off-
knoppie. Klap kombuiskas-deur weer. Hou steeds aan met sing, en sing (baie geleidelik) effentjies
harder. Time alles mooi sodat vuurhoutjie aan brand slaan en jy die off-knoppie feitlik gelyktydig sal kan
druk wanneer jy "...she sewed my new blue jeans” sing. Druk off-knoppie net nadat vuurhoutjie aan
brand slaan. Verberg vlammetjie in jou hand, en beweeg stadig-vinnig uit kombuis na 'n veiliger area.
Moet nie vrees openbaar nie. Glimlag heeltyd nostalgies terwyl jy sing. Haal sigaret- toppie uit jou
hempsak sodra jy in 'n veilige area is. Maak vooraf seker dit is ook windvry in daardie area. Moet jou nie
oor die swart strepe op jou nuwe hemp of die as in jou hempsak bekommer nie. Dit kan op 'n later
stadium aangespreek word deur die hemp direk in die wasmasjien te plaas. Steek toppie aan. As
vlammetjie doodgaan voordat toppie brand, wag vir sowat 'n uur en herhaal van vooraf (kou intussen
die tabak uit een van die korter toppies as jy nikotien onttrekkings-simptome beleef tydens
wagtydperk). Sing ander song wannner jy weer prosedure herhaal. Iets soos "Burning Bridges" of "Baby
you light my fire"..
Lekker nag.
Daar is seker niks wonderlikker as om uit 'n baie diep slaap wakker gelek te word deur 'n moerse groot hond nie.... Nou het hy sy water gedrink, sy dog biscuits ge-eet, sy draai geloop en le die donner lekker en slaap, en ek is wawydwakker . En dit in die nag toe ek die spesiale-lank slaap na die amper-niks slaap van laas nag wou bedryf. Dankie Trueluv.Dankkie my blerrie hond. Baie dankie Trueluv, en lekker slaap my dier....
Long hair...
In this weekend's Rapport there is "vir die soveelste maal" a report of a school principal who forbade a boy to go to the matric farewell, inter alia because his hair was too long. Fortunately the High Court directed otherwise on application by the boy's parents. When will school teachers realise that there is a good reason why hair grows on one's head, particularly when you are young? Young kids run around a lot and play it rough. Sometime around 28 yrs onwards the hair of some of them fall out, when they have calmed down a bit. Until then they have a higher risk to fall on their heads. The hair is nature's way of protecting them against concussion, fractured skulls and brain injuries while they are young and rough. The longer the hair the less the risk. I first realised this when I was in fact saved by my own hair the other night, when I slipped on wet grass wearing slippery "crocks", almost did a "Fosbury Flop" (both my legs shot up into the air) and fell extremely hard on my back and my head hit the garden paving with quite some force. The neurosurgeon who operated my neck suggested this morning that I can count my lucky stars that I did not suffer severe concussion, or a fractured skull. I have no doubt that if my hair had not been longish (because I could not have it cut for some time due to a neck operation) I may well have suffered severe concussion, possibly even a fractured skull. Of course, most Worcester kids of the 60’s fell on their heads when they were young for various reasons that cannot be disclosed, so our skulls may be more robust than those of others. That may also be why most of us still behave in such strange ways, quite apart from the Worcester wind that blew our brains apart. It would be quite interesting to hear what medical doctors say about “the long hair protection theory". I think it makes a lot of sense, and school principals should be taken to task about the quite unnecessary risks whereto they expose the kids, by insisting on so-called neat and short hair, particularly for the schoolboys, who are often inclined to be much rougher than girls. However girls are mostly allowed long hair without a problem. I say "Long hair is a natural crash helmet for the young and the wild...." Some older people therefore also need it.
Mind you....
Oor so 45 minute klim op 'n stage in Boston (Bellville, South Afrika). Drie maande gelede nog geglo ek sal nooit weet kan perform nie. Toe book Lydia Winchester vir my 'n show sonder my vooraf te vra. Toe ek se ek kan nie se sy "Dis in jou mind" en gaan eenvoudig voort. DAardie show was toe OK. So vanaand moet ek weer mindless raak. En op 16 Des 2012 is ek skynbaar op Jukebox.....mind you.
one-liners
Die onwysheid van die grysheid
In die middel van die nag is dit altyd helder dag.
My kop het my vanoggend te vroeg wakker geraas
My fisioterapeut het my hierdie week 32 keer gesteek
As Elvis Presley hier was sou sy hare ook grys gewees het
Die week is nou in die middel geknak
Vandag is 'n baie mooi dag. Min of meer net soos gister, eintlik meer, en amper ook
soos more weer sal wees.
Het iemand my geheue erens gesien?
Wereldbekend in my eie klein wereldtjie.
The very best judgment is never to judge
Die lekkerte van pyn en swaarkry is dat dit ook die pynloosheid en goedgaan omraam
en beklemtoon.
as jy dom-skelm is, is jy korrup. as jy slim-skelm is skynbaar nie.
all capitalism is sophisticated corruption
Uit die hart van die nag
ek hou van die nag..die nag is meestal sag op my siel...die nag voel altyd oop, en daar is geen vrees dat jjy 'n afspraak gemis het of dat moeilike mense jou lewe gaan versuur nie- die nag is ook misteurieus en 'n herhalende avontuur-